Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê Afrika moet verder beweeg as om slegs 'n verbruiker van kunsmatige intelligensie te wees en 'n aktiewe rolspeler in wêreldwye KI-ekonomie word. Mashatile het tydens die 29ste tegnologiefees, die Africa Tech Festival in Kaapstad die behoefte aan doelgerigte beleggings, vennootskappe en vernuwing beklemtoon…
Telecom Namibia sê 'n vlaag diefstal en vandalisme teiken kritieke telekommunikasie-infrastruktuur in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa. Verskeie terreine is onlangs binnegedring, met toerusting wat gesteel en infrastruktuur wat beskadig is. Die maatskappy sê herstel- en vervangingswerk kos gemiddeld sowat 100-duisend Namibiese dollar per terrein. Die skade kan ook dienslewering ontwrig…
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee versoek om Swem Suid-Afrika te ondersoek oor die behandeling van die Olimpiese kampioen Tatjana Smith. Hy het die federasie gekritiseer omdat hulle haar beboet en haar prysgeld van 2023 se Wêreldkampioenskap teruggehou het te…
Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) het bykomende vertonings van die Afrikaanse teaterproduksie oor Lammie Beukes aangekondig, weens belangstelling in die stuk. Die produksie sal aanvanklik op 27 en 28 November in Lüderitz opgevoer word, met verdere vertonings van 3 tot 5 Desember. Die stuk ondersoek temas soos moederskap, gesinsverhoudings…
Die Namibiese Nasionale Boere-unie doen 'n beroep op beter konsultasie en ses verteenwoordigende setels op die nasionale bek-en-klouseer-taakspan. Die unie sê kommunale boere besit 81 persent van die land se beeste en 55 persent van sy bokke, maar word nie voldoende by besluitneming betrek nie. Die NNFU waarsku dat boere…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.