Die diplomatieke herrie tussen die VSA en Venezuela verdiep. Die telefoongesprek tussen presidente Donald Trump en Nicolas Maduro het nie goed verloop nie en nou is daar nog die twee aanvalle op ‘n vermeende dwelmboot in September. Intussen het Trump, wat volhou die pogings handel oor dwelms, bevestig dat grondoperasies…
Ekonome sê kredietverlening aan huishoudings behoort te verbeter. Dit kom na kredietgroei in Oktober verswak het en gedaal het tot 2,8 persent op ‘n jaargrondslag. Lenings en voorskotte het tot 8,2 persent op ‘n jaargrondslag gedaal, terwyl paaiementkrediet tot 14,8 persent verlangsaam het. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen,…
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die jongste data van Statistiek Suid-Afrika wat toon dat landbou in die derde kwartaal van 2025 met ʼn bykomende 1,1-persent in bruto waarde gegroei het. Die volg na groei van 2,5-persent in die tweede kwartaal. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê…
Die Parlement het kommer uitgespreek oor toenemende dreigemente en intimidasie teen parlementslede. Die jongste klagtes het tydens die werk van die ad hoc-komitee voorgekom, maar soortgelyke voorvalle is deur lede van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en ander komitees aangemeld. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hulle vertrou…
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hy het nie gekyk toe admiraal Frank Bradley op 2 September opdrag gegee het vir ʼn tweede aanval op ʼn vermeende dwelmboot in die Karibiese See nie. Ná die eerste aanval het twee oorlewendes aan die brandende boot vasgeklou, maar hulle is…
ʼn Ekonoom van die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê matige ekonomiese herstel vind tans plaas en word aangedryf deur ʼn kombinasie van bekende, gunstige verwikkelings. Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het in die derde kwartaal tussen Julie en September met 0,5-persent gestyg, wat die vierde agtereenvolgende kwartaallikse verhoging…
Die Padfondsadministrasie en die Paaie-owerheid kap hard terug teen bewerings in plaaslike media van 'n befondsingskartel en wanbestuur. Die twee entiteite verduidelik dat plaaslike owerhede, nie sentrale agentskappe nie, die uitsluitlike verantwoordelikheid vir stedelike padinstandhouding dra. Verder, befondsingsbeperkings, reënskade en stygende koste, nie vermorsing nie, die werklike redes vir padherstel-agterstande…
Ierland se eerste minister, Micheál Martin, sê een van die belangrikste waarborge vir Oekraïne se toekomstige veiligheid is sy lidmaatskap van die Europese Unie. Kiëf wil teen 2030 by die EU aansluit. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het Dublin gister besoek tydens sy eerste amptelike besoek aan Ierland. Martin sê…
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu sê die taakspan vir politieke moorde was nooit 'n permanente eenheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie. Mchunu, wat tans met spesiale verlof is, het gister voor die Madlanga-kommissie in Pretoria verskyn en sal Donderdag sy getuienis voortsit. Mchunu het aan die kommissie gesê…
Met die Kersseisoen op hande waartydens baie gesinne op reis sal gaan, is dit nie altyd moontlik om die uitgebreide familie soos katte en honde saam te neem nie. Baie families verkies om hul diere by troeteldier-sorgfasiliteite te los terwyl hulle op vakansie is. Dr. Theuns Laubscher het raad vir…
Die sentrale bank se monetêre beleidskommittee gaan vandag sy repokoers-besluit aankondig. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonome gepraat wat 'n verlaging van 25 basis punte verwag. Die Cirrus ekonoom Oliver Diggle het 'n ander voorspelling.
In 24 plaaslike owerhede het geen politieke party 'n volstrekte meerderheid gekry in die verkiesings nie, en koalisie-groeperings is hul voorland. Dit sluit in Swakopmund, Keetmanshoop, Tsumeb, Grootfontein, Ondangwa en Gobabis. In Windhoek het Swapo 'n volstrekte meerderheid gekry, na 'n paar jaar van koalisie-rade wat soms beskryf is as…
Die landbouministerie sê sy hande is afgekap wat die toenemende diefstal van waterpompe betref, aangesien die sake nou in die hande van die polisie is. Dit is te midde van berigte dat ses waterpompe in 72 uur gesteel is op plase in die Kunene-streek. Woordvoerder Simon Nghipandulwa het in gesprek…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah, in haar hoedanigheid as beskermheer van padveiligheid in Namibië, vra vir verhoogde waaksaamheid op die paaie gedurende die feestyd.Die president se pleidooi kom nadat 2 793 padongelukke van Januarie tot middel November aangeteken is, wat gelei het tot 431 sterftes en 4 565 beserings. ’n Noodlottige ongeluk…
Russiese president Vladimir Putin en 'n Amerikaanse afvaardiging wat bestaan uit president Donald Trump se spesiale gesant, Steven Witkoff, en Trump se skoonseun en raadgewer Jared Kushner, het Dinsdag in Moskou samesprekings begin hou oor 'n gewysigde vredesplan vir Oekraïne. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het gesê 'n paar punte…
Die 51ste Napha jaarlikse vergadering het afgeskop in die hoofstad met jagters en internasionale belangstellendes wat die geleentheid vandag en môre bywoon. Axel Cramer, die president van die organisasie, gaan vanjaar die tuig neerlê, terwyl die volgende president nog aangekondig moet word. Cramer het die openingstoespraak by die byeenkoms gelewer.
Die Wes-Kaapse regering sê nis-toerisme is 'n katalisator vir ekonomiese groei en werkskepping en spoortoerisme is besig om na vore te tree as een van die opwindendste geleenthede. Die sektor het in 2023 na raming 28,6-miljard Suid-Afrikaanse rand in brutowaarde tot die provinsiale ekonomie bygedra en meer as 257 000…
Die omgewingministerie het in vennootskap met Namdeb 'n nuutgeboude patrolliekamp vir Wildbeskermingsdienste in die Hardap Nasionale Park ingewy. Die patrolliekamp is daarop gemik om die voorkoming van wildmisdaad te versterk, reaksie op voorvalle te verbeter en moniteringspogings binne die park te versterk. Nande Nickanor, Namdeb se omgewingsbestuurder, het met Kosmos…
Die regering word gekritiseer nadat die minister van internasionale betrekkinge, Selma Ashipala-Musavyi, 'n kragtige internasionale oproep tot geregtigheid oor koloniale misdade gelewer het, terwyl die regering se houding tuis 'n heel ander storie vertel. By 'n wêreldkonferensie in Algiers het Ashipala-Musavyi geëis dat die wêreld uiteindelik die gruweldade van die…
2 Dec 9AM
1 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.