President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op die openbare en private sektor gedoen om hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid ernstig op te neem en hul jaarlikse skenkings te verhoog. Sy het Donderdag by die Staatshuis gepraat tydens Namport se amptelike oorhandiging van 90 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Sokkervereniging ter…
Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê Katutura inwoners kan daarna uitsien om binnekort weer groot sokker-toernooie by die Sam Nujoma-stadion by te woon. Hy sê herstelwerk aan die stadion vorder goed. Ballotti sê ook dat van die ander publieke sport-fasiliteite regoor die land tans opgraderings ondergaan:
Sewe nuwe rekenaars gaan aan leerders van die Abraham Gariseb-laerskool in Sorris Sorris groter toegang tot tegnologie en nuwe opvoedkundige geleenthede bied. Die rekenaars, met 'n waarde van ongeveer 100 000 Namibiese dollar, is deur ultimate.earth en sy Conservation Travel Foundation geskenk as deel van 'n groeiende program om leerders…
Die voormalige Hoofregter Gert Strydom is vandag tydens 'n staatsgedenkdiens in die Parlementstuine in Windhoek vereer vir sy onwrikbare toewyding aan geregtigheid. Strydom, wat op 88-jarige ouderdom in Swakopmund oorlede is, het van 1999 tot 2003 as Namibië se derde Hoofregter gedien. Regter Esi Schimming-Chase van die Hooggeregshof het sy…
Suid-Afrika staar kort-termyn vleisprysstygings in die gesig, hoofsaaklik vir skaap en lam, na die verbod op Namibiese vee-uitvoere weens bek-en-klouseer. Landboukundige Kobus Laubscher sê die Namibiese verbod, plaaslike voerkraalbeperkings en die heropbou van kuddes dryf die tydelike voorraaddruk aan, hoewel dit 'n kortstondige ontwrigting bly eerder as 'n langtermyn tekort…
Die parlement gaan die regering uitvra oor pogings om Namibië se vleisuitvoermarkte te diversifiseer, met die LPM-parlementslid Utaara Mootu wat inligting wil bekom oor 'n voorgestelde handelsooreenkoms met Angola vir 10 000 ton beeste, beesvleis en beesvleisprodukte. Mootu sê die diversifisering van markte kan help om boere te beskerm teen…
Namibia Air het minder as twee maande om vliegtuie te bekom en die nodige sertifisering te voltooi om sy beloofde bekendstelling in Desember te haal. Lugvaartdeskundige dr. Guy Leitch sê dit is moontlik, maar daar is 'n groot struikelblok. Hy sê die Namibiese Burgerlugvaartowerheid sal vinnig moet optree om die…
Die Vodacom Blue Bulls maak gereed om die Leeus Saterdag in 'n Verenigde Rugbykampioenskap-derbywedstryd by Loftus Versfeld-stadion in Pretoria te ontvang. Die afskop is vir 13:30 geskeduleer wanneer ronde 3 van die kompetisie in Pretoria begin. Die president van die Blou Bulle-rugby-unie, Willem Strauss, gee ons meer:
Die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid Afrika sê dat vleispryse in die buurland, ondanks die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, redelik bestendig bly. Daar is egter 'n merkbare styging in speenkalwerpryse bespeur ná die uitbreking op 22 September bevestig is. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van die RPO, sê die prys van 94 Namibiese…
Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa versoek plaaslike owerhede om burokratiese vertragings uit te skakel en die lewering van behuising te bespoedig. In 'n toespraak gelewer deur adjunkminister Evelyn Nawases-Taeyele by die bekendstelling van die PAM Tree Development in Kuisebmond, het Sankwasa munisipaliteite aangespoor om met private ontwikkelaars saam te…
NUDO-LP, Vetaruhe Kandorozu, sê hy is bekommerd oor die koste van die oes van hout en houtskool in veral die Omaheke- en Otjozondjupa-streke. Hy sê sommige inwoners in dié streke betaal tans tussen 70 en 400-Namibiese dollar per permit om een ton hout of houtskool te kan by-mekaar-maak. Kandorozu sé…
Die raad vir onderwys-gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir…
Ter viering van Wêreldruimteweek 2026 sê die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, Lisho Mundia, dat Namibië se ruimtesektor groot werks- en innovasiegeleenthede vir die jeug bied. Hy het die behoefte beklemtoon om plaaslike kapasiteit te bou sodat jongmense, veral in landelike gebiede, voordeel kan trek uit die ruimte-ekonomie. Ruimteweek word jaarliks…
Die Suid Afrikaanse vakbond, Giwusa, sê die buurland se vervaardiging-sektor ondervind 'n ernstige af-name... nadat produksie in Augustus met 4,3-persent gedaal het. Die vakbond dring aan op 'n ingrypende verandering in ekonomiese beleid, insluitend groter openbare belegging in vervaardiging en maatreëls om werkers teen afleggings en werkverliese te beskerm. Die…
Eersteminister, Elijah Ngurare, sê berigte dat die regering soldate aangesê het om by te dra tot die Kubaanse Solidariteitsfonds is nie waar nie. Hy het reageer op ‘n vraag in die Parlement deur IPC-LP Isra Kanyemba of soldate wel opdrag gegee is om tot die fonds by te dra. Ngurare…
Die Europese Unie se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, vra dat daar dringeng in die land se seuns belê moet word om geslags-gebaseerde geweld te help bekamp. Sy wys daarop dat 92 persent van die jeugdiges wat met die gereg bots, seuns is. Martins het tydens 'n geleentheid vir…
Landbouminister Inge Zaamwani sê sy is bewus van die uitdagings wat Rehoboth-inwoners met hul watergehalte ervaar. Sy het Donderdag op ‘n vraag van Swapo-LP Sharonice Busch bevestig dat NamWater met die Rehoboth-dorpsraad werk om so gou moontlik aan inwoners se klagtes aandag te gee en om die watergehalteprobleem dringend op…
Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê die regering is ten volle bewus van die stadige pas waarteen sport-fasiliteite en infrastruktuur landwyd ontwikkel word. Hy sê befondsing is reeds toegewys vir 121 basiese sport-infrastruktuur-projekte regoor die land en het benadruk dat daar eers behoorlike studies gedoen moet word... voor…
Die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie het die opskorting van nuwe registrasies vir die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag gekritiseer en sê die stap kom op 'n tydstip wanneer kwesbare huishoudings steeds armoede, werkloosheid en honger in die gesig staar. Die welsynsministerie het gesê dat die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar altesaam 27 132…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van long-pes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se…
9 Oct 12AM
1 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.