Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
40 – 60

Grond-wetsontwerp is 'business as usual': Riruako

Die grond-wetsontwerp maak steeds opslae, met kritiek dat vorige grondkonferensies se voorstelle nie in die wetgewing geimplimenteer is nie. Die lede van die Nasionale Vergadering moet nog oor die wet debateer. Dr. Hoze Riruako, die opperhoof van die Herero Tradisionele Owerheid, het kommentaar gelewer tydens 'n perskonferensie.
3 Dec 9AM 1 min

Venaani vra weer vir August 26 se state

PDM-leier McHenry Venaani het weereens 'n beroep gedoen dat August 26 sy finansiële verslae vrystel. August 26, 'n 100 persent staatsbeheerde maatskappy, het sedert sy ontstaan in 1998 geen geouditeerde finansiële rekords aan die Nasionale Vergadering gelewer nie. Venaani doen al sedert 2017 ‘n beroep op die vrystelling van die…
3 Dec 9AM 1 min

Werkgewers moet beplan vir minimim-loon verhoging in 2026

Die arbeidsministerie herinner werkgewers om hul begrotings aan te pas vir die implementering van huishoudelike, sekuriteits- en landbouwerkers se loonverhoging. Die nasionale minimumloon is vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur, maar vir werkers in hierdie drie kategorieë is die koers vasgestel om oor drie jaar in te faseer, met…
3 Dec 8AM 1 min

Mkhwanazi sê Spies het voor Madlanga-kommissie gelieg

Die geskorste adjunkhoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie gesê afgetrede adjunkhoof Revo Spies het tydens sy getuienis gelieg en vervalste operasionele planne voorgelê. Dit volg nadat Mkhwanazi Cat Matlala se BBP-beskermingsdienste aan die stad bekendgestel het voor die Stadsrede. Spies het voorheen beweer Mkhwanazi het…
3 Dec 8AM 1 min

Verwyderde Zoeloe-eerste minister heraangestel

Koning MisuZulu kaZwelithini het prins Thulasizwe Buthelezi weer as die Zoeloes se tradisionele eerste minister aangestel. Buthelezi, wat die huidige LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal is, is verlede jaar in Desember verwyder maar die koning het geen rede verskaf nie. Die koning se woordvoerder, prins Thulani…
3 Dec 7AM 1 min

Gholf: Tiger Woods sê hy herstel baie stadig na operasie

Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy herstel van 'n rugoperasie is nie so vinnig as wat hy graag sou wou hê nie. Die 49-jarige Amerikaner het in Oktober 'n rugoperasie ondergaan, sy tweede in 'n bietjie meer as 'n jaar en sewende sedert 2014. Hy het ook vroeër vanjaar…
3 Dec 7AM 1 min

Navo sê oor Oekraïne se lidmaatskap

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Oekraïne bly op koers om by die wêreld se grootste veiligheidsalliansie aan te sluit, maar daar is tans geen eenstemmigheid oor die saak nie. Amerika se 28-punt-vredesplan stel voor dat Navo nie verder uitbrei nie. Rusland eis dit lankal, asook dat Oekraïne…
3 Dec 5AM 1 min

Saftu sê BBP-syfer is nie ekonomiese groei nie

Die vakverbond Saftu sê hy verwerp president Cyril Ramaphosa en minister van Finansies, Enoch Godongwana, se poging om die jongste BBP-syfer as ekonomiese groei aan te bied. Die bruto binnelandse produk het in die drie maande tot September vanjaar met 0,5-persent gestyg. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê vir werkende mense is…
3 Dec 5AM 1 min

Repokoers onveranderd

Die repokoers is onveranderd op 6,5 persent. Die goewerneur van die Bank van Namibië, dr. Johannes !Gawaxab het die redes so aangevoer.
3 Dec 5AM 1 min

Groot hupstoot vir groenwaterstof

Europa se wedloop om koolstofvrystellings te verminder en bekostigbare kunsmis te verseker, het 'n onverwagte wending geneem met 'n nuwe studie wat toon dat dit goedkoper sou wees vir Europese lande om groen ammoniak uit Namibië in te voer. Die ontleding deur die Climate Neutrality Foundation dui daarop dat Namibië…
3 Dec 5AM 1 min

DStv verloor moontlik 10 Warner-kanale

DStv-intekenare kan van volgende maand 10 van Warner Brothers Discovery se kanale verloor. Dit sluit in CNN International, Cartoon Network, TLC, en Food Network. Multichoice sê sy ooreenkoms met Warner Brothers Discovery verstryk die einde van die maand en 'n nuwe ooreenkoms is nog nie bereik nie. Multichoice gaan alternatiewe…
3 Dec 5AM 1 min

Onveranderde repokoers is regte besluit

Reaksie word ontvang op die monetêre beleidskomitee van die Bank van Namibië wat die repokoers onveranderd gelaat het op 6,5 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Robert McGregor van Cirrus gepraat.
3 Dec 4AM 1 min

Grondoperasies in Venezuela sal binnekort begin - Trump

Die diplomatieke herrie tussen die VSA en Venezuela verdiep. Die telefoongesprek tussen presidente Donald Trump en Nicolas Maduro het nie goed verloop nie en nou is daar nog die twee aanvalle op ‘n vermeende dwelmboot in September. Intussen het Trump, wat volhou die pogings handel oor dwelms, bevestig dat grondoperasies…
3 Dec 4AM 1 min

Krediet aan huishoudings sal verbeter

Ekonome sê kredietverlening aan huishoudings behoort te verbeter. Dit kom na kredietgroei in Oktober verswak het en gedaal het tot 2,8 persent op ‘n jaargrondslag. Lenings en voorskotte het tot 8,2 persent op ‘n jaargrondslag gedaal, terwyl paaiementkrediet tot 14,8 persent verlangsaam het. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen,…
3 Dec 3AM 1 min

Steenhuisen tevrede met landbou se vertoning

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die jongste data van Statistiek Suid-Afrika wat toon dat landbou in die derde kwartaal van 2025 met ʼn bykomende 1,1-persent in bruto waarde gegroei het. Die volg na groei van 2,5-persent in die tweede kwartaal. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê…
3 Dec 3AM 1 min

Kommer oor SA LP's wat gedreig word

Die Parlement het kommer uitgespreek oor toenemende dreigemente en intimidasie teen parlementslede. Die jongste klagtes het tydens die werk van die ad hoc-komitee voorgekom, maar soortgelyke voorvalle is deur lede van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en ander komitees aangemeld. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hulle vertrou…
3 Dec 2AM 1 min

Hegseth sê hy het nie gesien wat admiraal doen met tweede aanval nie

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hy het nie gekyk toe admiraal Frank Bradley op 2 September opdrag gegee het vir ʼn tweede aanval op ʼn vermeende dwelmboot in die Karibiese See nie. Ná die eerste aanval het twee oorlewendes aan die brandende boot vasgeklou, maar hulle is…
3 Dec 2AM 1 min

Ekonoom sê SA toon matige ekonomiese herstel

ʼn Ekonoom van die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê matige ekonomiese herstel vind tans plaas en word aangedryf deur ʼn kombinasie van bekende, gunstige verwikkelings. Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het in die derde kwartaal tussen Julie en September met 0,5-persent gestyg, wat die vierde agtereenvolgende kwartaallikse verhoging…
3 Dec 1AM 1 min

Pad-onderhoud: Daar's geen befondsingskartel nie

Die Padfondsadministrasie en die Paaie-owerheid kap hard terug teen bewerings in plaaslike media van 'n befondsingskartel en wanbestuur. Die twee entiteite verduidelik dat plaaslike owerhede, nie sentrale agentskappe nie, die uitsluitlike verantwoordelikheid vir stedelike padinstandhouding dra. Verder, befondsingsbeperkings, reënskade en stygende koste, nie vermorsing nie, die werklike redes vir padherstel-agterstande…
3 Dec 1AM 1 min
40 – 60