Suid-Afrika het ten gunste van die konsepvoorstel van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gestem om te eis dat Rusland dadelik die veilige en onvoorwaardelike terugkeer van alle Oekraïnse kinders wat gedwing is om te verskuif of gedeporteer is, verseker. Een-en-negentig lande het ten gunste van die mosie gestem,…
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê hoewel Namibië prysenswaardige vordering gemaak het met MIV-behandeling en -voorkoming, het dalende eksterne befondsing die land se afhanklikheid van die nasionale begroting verhoog. Sy het Namibië se verslag oor die resolusies van die SAOG Parlementêre Forum se voltallige vergadering aangebied en…
Die voormalige kaptein van die Protea-vrouespan, Dané van Niekerk, kan na twee-en-'n-half jaar haar terugkeer na internasionale aksie maak in môre se eerste T20 teen Ierland in Kaapstad. Sy het haar uittrede aangekondig ná 2023 se Wêreldbekertoernooi in die formaat nadat sy weens fiksheidsprobleme uitgelaat is, maar het dit onlangs…
Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê die VSA se besluit om Suid-Afrika nie na die eerste vergadering van die G20-sjerpas te nooi nie, is 'n oortreding van protokol. Die VSA het Maandag amptelik die G20-presidentskap van Suid-Afrika oorgeneem. Dangor het aan die Parlement…
Die Europese Unie wil alle invoere van Russiese olie teen die einde van 2027 uitfaseer. Sedert Moskou se volskaalse inval in Oekraïne in Februarie 2022, het Europa sy afhanklikheid van die wêreld se derde grootste olieprodusent drasties verminder. Amerika het ook sanksies ingestel teen Rusland se twee grootste olieprodusente, Lukoil…
Die LPM het sy gewig agter die stakende landdroste gegooi en die uitvoerende gesag daarvan beskuldig dat hulle hul plig om die land se instellings te laat funksioneer, versuim het. Die staking het gelei tot die onbepaalde vertraging van die beëdiging van nuutverkose plaaslike en streekleierskap. Met onderhandelinge wat nie…
'n Nuwe studie toon dat Afrika Suid van die Sahara byna 'n kwart van sy biodiversiteit verloor het, met groot soogdiere wat die ergste geraak word. 'n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch, Hayley Clements, sê beskermde gebiede bly noodsaaklik, maar meer as 80-persent van wildspesies leef in landbougebiede. Sy sê…
Die landbou-organisasie, TLU SA, het ʼn ope brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf en kommer uitgespreek oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Die brief beklemtoon onder meer die hoë misdaadvlakke, insluitend plaasmoorde, korrupsie en werkloosheid. Bennie van Zyl van TLU SA sê Ramaphosa moet plaasaanvalle ʼn prioriteitsmisdaad verklaar…
Somaliërs het met verontwaardiging reageer op Donald Trump se neerhalende opmerkings oor die land en sy mense. Trump het tydens 'n kabinetsvergadering Somaliërs as "vullis" beskryf en gesê "ons wil hulle nie in ons land hê nie". Hy het aanvalle op Somaliërs in die VSA verskerp nadat twee soldate van…
Namibië se toerismesektor herstel met goeie statistieke. Die jongste statistieke van die toerismeministerie toon dat Namibië in 2024 meer as 1,25 miljoen besoekers verwelkom het, 'n massiewe styging van 45 persent vanaf die vorige jaar, wat die bedryf tot byna 80 persent van sy sterkte voor Covid-19 te staan bring…
Reaksie word ontvang oor die drie taakspanne oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangewys is. Die lede kom uit wyd-uiteenlopende sektore en dien op 'n vrywillige basis. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het sy bedenkinge oor die taakspanne se samestelling, veral met…
Reaksie word ontvang op die regering se planne om outomatiese beleggingsaansporings met streng prestasie-ooreenkomste te vervang, en die voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, Jason Kasuto, rig 'n waarskuwing. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel dit noodsaaklik is vir Namibië om beleggings te verseker, enige stap…
Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, het Woensdag na 'n vergadering van die blok se buitelandse sake-ministers in Brussel gesê die enigste mens wat die dooiepunt in samesprekings oor Oekraïne kan oplos is Amerikaanse president Donald Trump. Hy het tydens 'n perskonfrensie ook gewaarsku teen Rusland se toenemende kuberaanvalle en lugruimskendings,…
Build One South Africa kritiseer politieke partye wat teen die verhoging van die skoolslaagsyfer tot 50-persent gestem het. Die mosie, wat BOSA by die Parlement ingedien het, is deur die ANC, DA, Vryheidsfront Plus en die Patriotic Alliance teengestaan. Die party se leier, Mmusi Maimane, sê die regering moet fokus…
Namcor het uiters suksesvolle uitslae aangekondig na boorwerk op die Kavango-Wes 1X eksplorasieput in PEL 73 afgehandel is. ReconAfrica, die operateur van PEL 73, het booroperasies op 29 November voltooi en 'n totale diepte van 4 200 meter bereik. Aansienlike koolwaterstowwe is bevestig, en 'n produksietoets om die vloeitempo en…
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het ernstige kommer uitgespreek oor bewerings van 'n sindikaat wat grade verkoop by die Vaal Universiteit vir Tegnologie waarby buitelandse burgers betrokke is. Woordvoerder Matshepo Seedat kritiseer senior bestuur omdat hulle na bewering die optrede ten opsigte van verklikkers se bewyse langer as…
Namibië se handelsbalans het in Oktober 2025 'n tekort van 2,9 miljard Namibiese dollar aangeteken, volgens die jongste statistieke van die Namibiese Statistieke-agentskap. Hierdie ontwikkeling weerspieël 'n verbetering in die handelsbalans in vergelyking met 'n tekort van 3,4 miljard dollar wat in die vorige maand aangeteken is. Verdere ontleding toon…
Namibië se moeilikste enkelfase-bergfietswedren is terug. Hierdie Vrydag sal meer as 1 000 fietsryers van regoor die wêreld by Grove Mall in Windhoek aantree vir die begin van die Nedbank Desert Dash, 'n 401 kilometer lange, 24-uur lange wedren deur die Namib-woestyn. Nedbank-woordvoerder Selma Kaulinge het met Kosmos 94.1 Nuus…
Die ondersoek na die oorsaak van die brand by Sesriem waarin 'n kleuter dood is, is nog nie afgehandel nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met adjunk-kommisaris John Mwatongwe van die Hardap polisie, wat sê kinders is vermoedelik alleen gelos voor die verwoestende brand begin het. Mwatongwe verduidelik.
3 Dec 9AM
1 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.