
Dringend meer psigiaters nodig
Loading player...
Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi as getuie. Die stap beklemtoon die regering se voorneme om die tekort aan gespesialiseerde geestesgesondheidspersoneel aan te spreek.

