Zelenski nou 'n stok in Trump se wiel

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump sê dis tyd dat Oekraïne ’n nuwe president kry. Dit volg nadat president Wolodimir Zelenski Amerika se diesel-ooreenkoms met Rusland gekritiseer het. Volgens Zelenski sal die ooreenkoms Moskou meer geld gee om sy oorlog teen Oekraïne voort te sit. Trump het Saterdag gesê Zelenski veroorsaak wêreldwyd probleme deur aanvalle op Russiese olieraffinaderye toe te laat. Hy meen Oekraïne het ’n leier nodig wat ’n vredesooreenkoms kan sluit. Amerika het intussen ingestem om sanksies teen Russiese dieseluitvoer tydelik op te skort. Verkiesings in Oekraïne bly opgeskort weens krygswet wat sedert Rusland se inval in 2022 geld.
11 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min