
DA bevraagteken Landbank-ondersoeker se moontlike botsende belange
Loading player...
Die DA dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na 12 betwiste insolvente boedels wat deur die Landbank hanteer word, met moontlike botsende belange vir die ondersoeker Angelena Poole. Sy is een van twee persone wat aangestel is om die geskille te ondersoek en het verskeie bestaande professionele bande met die Landbank. Igor Scheurkogel van die DA sê boere verdien 'n ondersoek wat die optrede van prokureurs en likwidateurs kan fynkam sonder dat die ondersoeker se eie verantwoordelikhede ten opsigte van boedels of haar bande met die Landbank, die saak kan benadeel:

