
Mynwerkersunie op oorlogspad oor laerbetaalde kontrakarbeid
Loading player...
Die Mynwerkersunie van Namibië gaan bewusmaking verskerp om te verhoed dat mynmaatskappye permanente poste met laerbetaalde kontrakarbeid vervang. Die MUN se algemene sekretaris, George Ampweya, sê 'n posisiedokument wat aan die regering voorgelê is, het 'n parlementêre ondersoek na subkontrakteringsmisbruik van stapel gestuur. Ampweya het kontrakwerkers aangespoor om by die vakbond aan te sluit vir kollektiewe bedingingsbeskerming teen onsekere werksomstandighede. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

