Ramaphosa: Grond alleen nie genoeg om swart asiprant-boere te help nie

Loading player...
Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê toegang tot grond alleen is nie genoeg om meer swart boere te help om suksesvolle kommersiële produsente te word nie. Tydens 'n toespraak by die Redlands-suiwelplaas in Stutterheim in die Oos-Kaap het Ramaphosa gesê die regering werk daaraan om ongeveer 2,5-miljoen-hektaar verkrygde grond aan swart boere beskikbaar te stel, terwyl gemengde finansiering hulle kan help om hul ondernemings uit te brei. Hy sê groei in die landbousektor kan werksgeleenthede skep, landelike ontwikkeling bevorder en Suid-Afrika se voedselsekerheid en uitvoere versterk:
8 Oct 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min