Standard Bank Namibië stuur 'n URewards-kompetisie van stapel

Loading player...
Standard Bank Namibië het 'n URewards-kompetisie van stapel gestuur wat aan kliënte 'n reis na Suid-Afrika bied om te kyk hoe African Stars teen Orlando Pirates in die Orlando-stadion speel. Melissa Mouton, die bank se bestuurder vir kaartuitreiking, sê die kompetisie hou verband met die bank se URewards-kontantterugbetalingsprogram.
8 Oct 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boere eis groter verteenwoordiging op bek-en-klouseer-taakspan

Die Namibiese Nasionale Boere-unie doen 'n beroep op beter konsultasie en ses verteenwoordigende setels op die nasionale bek-en-klouseer-taakspan. Die unie sê kommunale boere besit 81 persent van die land se beeste en 55 persent van sy bokke, maar word nie voldoende by besluitneming betrek nie. Die NNFU waarsku dat boere…
17 Nov 11PM 1 min

EIF ontken bewerings oor koste van Kunene-groenskemas

Die Omgewingsbeleggingsfonds, EIF, verwerp bewerings dat die koste van die Warmquelle- en Khowarib-groenskemas in die Kunene-streek tot 65 miljoen Namibiese dollar gestyg het. PDM-president McHenry Venaani het kommer uitgespreek oor moontlike finansiële wanbestuur en eis aanspreeklikheid oor die besteding van fondse en voordele vir plaaslike gemeenskappe. EIF-woordvoerder Nicole van Wyk…
17 Nov 11PM 1 min

Rassie Erasmus vir ses toetse geskors

Wêreldrugby het Springbok-afrigter Rassie Erasmus onmiddellik vir ses toetswedstryde geskors ná omstrede uitsprake oor skeidsregters se optrede in hul nasieskampioenskap-toets teen Frankryk, en Ierland se toets teen Fiji. SA Rugby het reeds ’n formele wangedragverhoor teen Erasmus aangevra. Wydlopende reaksie word uit die rugbywêreld ontvang, en Brenden Nel van Supersport…
17 Nov 10PM 1 min

Parlementêre ondersoek na Sokkervereniging se finansies

'n Mosie dat die Namibiese Sokkervereniging deur die parlement ondersoek word na die Brave Warriors se omstrede besoek aan Kameroen, is ter tafel gelê. Die nasionale span was by hul hotel gestrand weens ’n uitstaande verblyfrekening van ongeveer 320 000 Namibiese dollar. Dit kom midde berigte oor onbetaalde spelerstoelae en…
17 Nov 10PM 1 min