GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
112 – 132

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brand in Plastic View - 22 Julie 2020

Met tot 11 mense wat saambly in ‘n huisie van plastiek en karton, kan mens verstaan hoe ‘n kers per ongeluk omval en 79 shacks binne oomblikke tot op die grond afbrand om meer as 400 bitter behoeftige mense sonder ‘n heenkome of enige beskutting teen die winterkoue te laat…
22 Jul 2020 8 min

JouMenseMyMense - Woensdag 15 Julie, Donderdag 16 Julie 2020

Anneline (20) dink nie dis enige hulp of aandag werd wanneer jy doodeenvoudig baie hard werk om jou droom waar te maak nie, maar ons sien ‘n besonderse gesindheid van iemand wat nie dink die wêreld skuld haar iets nie, maar werk vir dit wat sy vir die wêreld kan…
15 Jul 2020 7 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Huis Gracia, 8 Julie 2020

Huis Gracia is ‘n plek van veiligheid vir mindebevoorregte kinders uit gebroke families en bied tans vir 82 kinders ‘n tuiste waar hulle goed versorg, geborge en geliefd gesond en heel kan word na hulle in haglike omstandighede mishandel of verwaarloos is.
8 Jul 2020 8 min

Jungle beat onderhoud

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
2 Jul 2020 7 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Juan Nel, 1 Julie 2020

Juan Nel het voorheen as ‘n kelner by ‘n restaurant gewerk wat intussen as gevolg van die impak van lockdown hulle deure moes sluit. Al die personeel het hulle werk verloor. Juan het besef hy gaan ‘n plan moet maak en het begin vetkoeke bak. Sy ouma, wat self koekies…
1 Jul 2020 8 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – LS Westerlig, 24 Junie 2020

Laerskool Westerlig is in die hartjie van Danville met ‘n gevestigde voedingskema wat na 150 behoeftige gesinne omsien. Terwyl ons in die kombuis by Santie, Alice en Amanda kuier, vertel die skoolhoof, Mnr. Erich Cloete dat hy daar was toe die kaste in 1997 ingebou is, wat beteken die “tender…
23 Jun 2020 4 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – Paramedikus, Ruan Heyns, 24 Junie 2020

Ruan Heyns is ‘n ILS paramedikus wat nog regdeur die pandemie sy tyd en reddingsdienste gratis lewer aan die gemeenskappe van onder andere Centurion, Pretoria-Oos, Diepsloot, Mamelodi en Erasmia. Hy betaal self sy voertuig, die diesel, en toerusting - sonder enige vergoeding - terwyl hy elke dag jaag na huisbrande,…
23 Jun 2020 4 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – LIG Kinderbediening, 17 Junie 2020

LIG Kinderbediening is ‘n interkerklike nie-winsgewende organisaise wat in 2008 ontstaan het toe hulle bewus geraak het van die geestelike nood onder veral die Afrikaansprekende gemeenskap van Pretoria-Wes. Tydens die aanbieding van hulle Bybelklub wat spoedig tot 9 klubs gegroei het en ook by die kampe wat deur honderde kinders…
17 Jun 2020 8 min

JouMenseMyMense saam met SPAR – PEN, 10 Junie 2020

PEN is ‘n geloofsgebaseerde niewinsgewende gemeenskaporganisasie wat sedert 1992 jong voorskoolse kinders, die jeug en weerlose volwassenes van die middestad van Pretoria dien Die visie is om in verhouding en in vennootskap met iemand in nood ‘n permanente verandering in hulle lewe te laat vlam vat, om mense te help…
10 Jun 2020 9 min
112 – 132