GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
132 – 152

#JouMenseMyMense – Laerskool Kameeldrift, 3 Junie 2020

Laerskool Kameeldrift is aan die weste kant van Pretoria tussen die plotte geleë, omring deur 5 informele nedersettings. Onder die nederige en diensbare leierskap van skoolhoof, Marina van Niekerk, het leerdergetalle van 82 in 2007 tot 705 gegroei en sien sy en haar span wonderwerk op wonderwerk soos God vir…
3 Jun 2020 10 min

#JouMenseMyMense – Louis se 1ste verjaarsdag, 27 Mei 2020

Oupa Stephan en Ouma Karien Greyvenstein van Witrivier in Mpumalanga se enigste kleinseun word vandag een jaar oud hier in Pretoria. Dis vir hulle baie sleg om as gevolg van die inperking nie hier te kan wees om die groot mylpaal te vier nie... Verder is Lize ‘n onafhanklike reisagent…
27 May 2020 6 min

#JouMenseMyMense - 20 Mei 2020 – Eleos

In ‘n gemeenskap waar soveel mense in ‘n siklus van armoede, gesinsgeweld, mishandeling, alkohol- en dwelmverslawing, tiener swangerskappe en die gebrek aan basiese lewensvaardighede vasgevang is, kom genade-in-aksie… Dit is wat ELEOS se naam beteken – ‘n liefdadigheidsorganisasie wat 20 jaar gelede gebore is met ‘n begeerte om ‘n tasbare…
20 May 2020 9 min

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie
9 May 2020 2 min

#JouMenseMyMense – Versorg die versorgers, 29 April 2020

GROOTfm 90.5 het ‘n hart vir ons stad en land, maar ons mandaat as ‘n radiostasie lyk bietjie anders as dié van ‘n welsyn- of maatskaplike organisasie. Ons hulpverlening kan ‘n bydrae maak, maar ons glo verhouding verander lewens. Die liefde en ondersteuning van ‘n omgee-gemeenskap waarvan jy deel is…
29 Apr 2020 6 min

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie
25 Apr 2020 2 min

#JouMenseMyMense – SPAR en SA Cares for Life – 22 April 2020

Retha Ingenbleek van SPAR Northrand vertel ons van die SPAR Get Real COVID CHALLENGE wat die grillerige sluk-‘n-eier-uitdaging omskep in ‘n positiewe en steeds prettige uitdaging waar die eiers saam met ander niebederfbare produkte geskenk word aan behoeftige gesinne. SA Cares for Life is die begunstigde en Sanet Fagan het…
22 Apr 2020 5 min

#JouMenseMyMense – Melanie se ma, 22 April 2020

Ons deel die storie van die suster wat in die neonatale intensiewe eenheid van die hospitaal werk met die klein babatjies wat so vroeg gebore word en dan in die aande huis toe gaan om na haar eie ma om te sien wat al 10 jaar gelede met onder andere…
22 Apr 2020 2 min

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie
18 Apr 2020 1 min

#JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020

Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die…
15 Apr 2020 8 min

-DELETED- jmm2

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
15 Apr 2020 5 min

-DELETED- #JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020

Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die…
15 Apr 2020 3 min

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie
11 Apr 2020 1 min

#JouMenseMyMense – LIG Kinderbediening – 8 April 2020

Ons het met die uitvoerende hoof van LIG Kinderbediening, Louise Rossouw gesels om te hoor hoe die gesinne waarby hulle betrokke is in Pretoria-Wes se behoeftes verander het in hierdie tyd, maar ook hoe ek en jy steeds ‘n verskil kan maak. Die toename van die gesinsgeweld wat Louise beskryf…
8 Apr 2020 10 min

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie
4 Apr 2020 2 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – SA Cares for Life, 1 April 2020

Blitsvinnig het die inligting van ‘n dodelike virus elke moontlike kommunikasiekanaal van ons infiltreer. En tog was daar gemeenskappe sonder selfone of toegang tot internet wat op geen manier kon hoor wat besig was om te gebeur in ons land as dit nie was vir ‘n niewinsgewende organisasie se “van-binne-af-buite-toe”…
1 Apr 2020 16 min
132 – 152