#JouMenseMyMense – Louis se 1ste verjaarsdag, 27 Mei 2020

--:--
Oupa Stephan en Ouma Karien Greyvenstein van Witrivier in Mpumalanga se enigste kleinseun word vandag een jaar oud hier in Pretoria. Dis vir hulle baie sleg om as gevolg van die inperking nie hier te kan wees om die groot mylpaal te vier nie...

Verder is Lize ‘n onafhanklike reisagent en die laaste 3 maande sonder enige inkomste en haar man, Louis is ‘n MS leier wat fisies nie in staat is om te werk of ‘n inkomste te verdien nie. Hulle woon by Lize se skoonouers, Leoné en Louis. Stephan en Karien noem hulle “engele van Bo!”

In Oupa Stephan se briefie wat ons hier by GROOTfm ontvang het, skryf hy: “Hoe lekker sou dit wees om daar te kon wees? Net vir ‘n drukkie vir elkeen...”

Ons kon nie die drukkie of hier wees vir Stephan en Karien moontlik maak nie, maar die GROOTontbyt het ‘n kampstige telefoniese onderhoud met Lize gereël om te gesels oor toerisme en die aanpassings tydens lockdown. Terwyl sy niksvermoedend op die telefoonlyn en voor die TV skerm gewag het, het ons ‘n boodskap van haar ouers op die GROOTontbyt gespeel.

Intussen het ons span buite haar skoonouers se huis gewag met ‘n geskenkie vir klein Louis. “Enigiets Lion King of Wildtuin” het Oupa Stephan gesê. En toe Johrné vir Lize op die telefoon groet, het hy gesê sy moet gaan kyk wat wag by die voordeur... ‘n Sagte leeutjie en tier, ‘n legkaart met regte hare op die welpie se voorkop en ‘n paar balonne om te wys ons vier saam.

Baie dankie aan SPAR vir die geskenke asook die geskenkkaart vir Louis en Lize! Mag die Here ons leeutjie Louis seën en nog baie jare spaar met goeie gesondheid en baie geluk!
27 May 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min