#JouMenseMyMense – Laerskool Kameeldrift, 3 Junie 2020

--:--
Laerskool Kameeldrift is aan die weste kant van Pretoria tussen die plotte geleë, omring deur 5 informele nedersettings. Onder die nederige en diensbare leierskap van skoolhoof, Marina van Niekerk, het leerdergetalle van 82 in 2007 tot 705 gegroei en sien sy en haar span wonderwerk op wonderwerk soos God vir haar kinders voorsien in elke behoefte – van klere en toiletware tot kos en skryfbehoeftes waarby GROOTfm 90.5 ook al betrokke was. Ons het in 2019 as deel van ons stasie se verjaarsdag, groentetuine help plant in die 5 tonnels wat vir die skool se voedingskema voorsien. 345 kinders eet 2 maaltye ‘n dag en tydens die inperking het die skool saam met die gemeenskap aan 400 behoeftige gesinne kos voorsien. Ongelukkig was die skool ook in hierdie tyd die slagoffer van ‘n inbraak met verlies aan al hulle elektriese- en ander gereedskap, verf vir die geboue en sportklere waarvoor hulle so lank gewag het. “Maar die Here sal voorsien – soos Hy nog altyd het,” getuig Marina en dis ook wat sy haar kinders leer - “Volg jou drome. Glo en vertrou. God sal voorsien.”

‘n GROOTfm 90.5 dankie vir Vision Properties en ORCA se reuse skenking van R20 000 vir Laerskool Kameeldrift.
3 Jun 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min