#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Rust gesin se kosaflewerings - 29 Julie 2020

--:--
In ‘n woonstelletjie wat hulle huur by die kerk bly die Rust gesin – Pa Johan (52), Ma Yolande, 18-jarige Franco en kleinsus Bianca.

Johan het ‘n paar jaar gelede sy werk verloor en na 2 jaar se CV’s uitstuur en vir onderhoude gaan net om elke keer te hoor hy is te oud, het hy begin om kosaflewerings te doen. Die verskil is net dat hierdie gesin van 4 die aflewerings saam doen, sodra ma Yolande by die huis kom, want sy is Johan se oë. Johan is ‘n diabeet en sukkel met katarakke, maar ‘n trotse pa wat sy kinders wil leer van harde werk. Saam-saam het hulle al geleer om die uitdagings van die lewe met ‘n tikkie humor te hanteer, ook die vreemde kyke van mense as hulle stop om die kos af te laai of om net eenvoudig op te staan en weer te probeer as die “hacker” op ‘n slinkse manier jou hele week se hardverdiende geld gesteel het. Maar dis ‘n gesin wat ook vertrou vir ‘n deurbraak en hoop vir ‘n betroubare kar en dalk ‘n geleentheid vir Franco om ‘n ambag te leer.

Danksy SPAR kon ons hierdie gesin seen met ‘n geskenkkaart en ‘n R2500 bydrae vir die kar se herstel, maar vir almal van ons wat sommer so vinnig op die foon ‘n ete bestel - weet dat jou R50 of R100 tip vir ‘n gesin soos hierdie soos manna uit die hemel is en maak dat hulle vandag weer kan sê: “Ons is nie sukkelaars nie. Ons survive. Ons is geseënd.”
29 Jul 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min