JouMenseMyMense saam met SPAR – Paramedikus, Ruan Heyns, 24 Junie 2020

--:--
Ruan Heyns is ‘n ILS paramedikus wat nog regdeur die pandemie sy tyd en reddingsdienste gratis lewer aan die gemeenskappe van onder andere Centurion, Pretoria-Oos, Diepsloot, Mamelodi en Erasmia. Hy betaal self sy voertuig, die diesel, en toerusting - sonder enige vergoeding - terwyl hy elke dag jaag na huisbrande, skietvoorvalle, rooftogte, aanrandings en motorongelukke wat sy eie lewe in gevaar plaas, maar vir die liefde en passie vir die saak

Hannes Bosman, wat self in die nooddienste is en vir Ruan in 2001 ontmoet het waar hulle saam by ‘n hospitaal gewerk het, het vir ons ‘n e-pos gestuur op ‘n dag wat Ruan weer uit was om te help met net R800 in sy sak oor en op sy laaste tenk diesel. Hannes sê: “Ruan is baie hardwerkend, lojaal en ‘n absoute perfeksionis – hy hou daarvan om ‘n ding reg te doen. Hy het ‘n baie klein hartjie, met soveel liefde en omgee vir sy medemens. Kla nooit, altyd vriendelik, liefdevol, sag met pasiënte. Gee en gee en gee sonder om terug te verwag. Hy is ‘n ware voorbeeld van naaste liefde inteendeel, ek het vir my kinder gesê dis hoe mens gee. Soos oom Ruan gee,” vertel Hannes.

Die getuienis van Ruan se lewe is genoeg bewys dat hy dit nie vir erkenning doen nie, maar hierdie vriend en mede-dienswerker van hom wou ‘n dankie hardop sê waar almal dit kan hoor. En daarmee wou ons span van GROOTfm90.5 help – maar ook op ‘n praktiese manier met ‘n R2000 bydrae – al is dit dan vir ‘n volgende tenk diesel - en ook ‘n SPAR geskenkkaart as ‘n dankie van ons JouMenseMyMense projek.
23 Jun 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min