#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dorinda se yskasherstelbesigheid - 26 Augustus 2020

--:--
Dorinda en haar seuntjie het met net ‘n tas uitgestap toe haar huwelik verbrokkel en sy moes as karwag werk om doeke en kos te kon koop. Later het sy weer werk gekry tot sy een oggend siek geword het en haarself hospitaal toe moes jaag. Sy is met harversaking gediagnoseer en einde Oktober retrench.

Ons het Dorinda Desember ontmoet waar sy by ‘n verkeerslig in Silverton muffins verkoop het. Sy het ‘n werklose vriend gevra om saam met haar by die verkeerslig te staan vir veiligheid, want op dié manier kon hy ook iets verdien. Die muffins wat sy nie op ‘n oggend verkoop het nie, het sy vir straatmense uitgedeel.

Die lang dag op haar voete was egter baie sleg vir haar hart en sy moes stop, maar met elke terugslag, ook die koronavirus wat sy en haar seun opgedoen het, bons sy net eenvoudig vorentoe met nog ‘n plan en nog ‘n manier om vir haar seun en sommer haar gemeenskap ook te sorg.

“Ek moet my seun met iets los in die lewe. En wanneer ek gaan, wil ek weet ek het iets gelos vir ander ook.”
26 Aug 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min