#JouMenseMyMense saam met SPAR – Nkosnathi se rolstoel - 19 Augustus 2020

--:--
Thuli (33) se man is in 2010 oorlede toe hy op pad werk toe deur ‘n rubber koeël getref is tydens ‘n oproer op die Molottopad.

Haar seun, Nkosnathi (14) is in 2006 gebore met skoliose, voete wat binnekant en afwaarts gedraai is en ‘n gesplete verhemelte. Nkosnathi het gesukkel om te eet en om vloeistowwe te sluk. Hy het ‘n nasale stemtoon ontwikkel en die kroniese oorinfeksies het uiteindelik tot gehoorverlies gelei.

Die grootste uitdaging was egter om sy ruggraat te probeer regstel. Gewoonlik sou dit by geboorte in ‘n ordentlike mediese fasiliteit so gou as moontlik reggestel word, maar dit was onbekostigbaar vir hierdie ouers.

Thuli werk in ‘n winkelsentrum in Mamelodi en as enkelma het sy geen ander keuse as om ‘n kamer naby Nkosnathi se skool te huur en dan steeds R750 per maand te betaal vir sy vervoer nie. Hy kan nie met ‘n gewone taxi of bus ry nie. Verder dra sy hom elke dag van punt A tot punt B, want ook die rolstoel wat hy nodig het, moet spesiaal vir hom gebou word.

Nkosnathi, wat beteken “God is with us” in Ndebele, is ‘n besonderse kind. Hy het al so baie beleef en tog kies hy om gelukkig te wees en om ‘n betekenisvolle lewe te leef binne die beperkings wat hy elke dag in sy liggaam ervaar.
19 Aug 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min