US Woordfees 2018: Skrywersfees

2018: Skrywersfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2018.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
73 Episodes
44 – 64

KAREL SCHOEMAN SE LAASTE STEMME

Met: Dan Sleigh, Louise Viljoen, Cas Wepener en Tim Huisamen. Aangebied deur Human & Rousseau. Dié historiese improvisasie is een van Schoeman se laaste literêre werke voor sy afsterwe in 2017. Dit is ook die laaste teks waar hy sy hand aan fiksionele stemme waag – die opklink van ’n…
3 May 2018 53 min

ALEX MOUTON: IRON IN THE SOUL

In gesprek met: Hermann Giliomee. Aangebied deur Protea Boekhuis. Dit neem uitsonderlike karaktereienskappe – of ‘iron in the soul’, om Van Zyl Slabbert aan te haal – om die leier van die amptelike opposisie te wees. Alex en Hermann, skrywer van Die laaste Afrikanerleiers, bespreek die loopbane van die sogenaamde…
3 May 2018 50 min

ANTOINETTE PIENAAR: DIE LANG MAN SONDER SKADUWEE

In gesprek met: Dave Pepler. Aangebied deur Penguin Random House. Die geliefde RSG-kruievrou en topverkoper-skrywer van Kruidjie roer my sit in haar jongste boek haar roeping as geneser voort. Sy en haar getroue vennoot, Oom Johannes, vertel Dave hoe Karookruie ingespan kan word om allerhande kwale te genees, en watter…
3 May 2018 47 min

ADAM SMALL: DENKER, DIGTER, DRAMATURG

Met: Sandra Kotze, Cobus Rossouw, Steward van Wyk en Pieter Odendaal. Aangebied deur Protea Boekhuis. In 1974, tydens die eerste professionele opvoering van Kanna hy kô huis toe in die toe Nico Malan-teater, was die wit gehoor in vervoering oor dié poëtiese ‘nuwe stem’. Sandra was Makiet onder regie van…
3 May 2018 1 hr 01 min

IRMA JOUBERT EN HANS DU PLESSIS

Aangebied deur LAPA Uitgewers. Ilse Salzwedel vra twee topverkopers uit oor die inspirasie vir hulle jongste historiese verhale. Irma se Mentje – kind van Pas-Opkamp vertel van ’n Nederlandse oorlogwesie wat alleen ’n onderduikkamp en die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor ’n kinderkarakter…
3 May 2018 47 min

‘BOEKKLUB’: ALEXANDRA FULLER – A RHODESIAN CHILDHOOD

In conversation with: Ingrid Winterbach. She grows up during the bush war that helped turn Rhodesia into Zimbabwe – the family’s bombproof Landrover is nicknamed Lucy. She survives a terrible, avoidable death that turns her funloving Scottish mother into a crazy drunk and for which she, as a child of…
3 May 2018 1 hr 08 min

GEORGE BIZOS: 65 YEARS OF FRIENDSHIP

In conversation with: Edwin Cameron. Presented by Penguin Random House. The world-renowned human-rights lawyer talks to Judge Cameron about his new book, a touching homage to his friendship with Nelson Mandela and a fascinating tale of two men whose work affected the lives of all South Africans – arguing in…
3 May 2018 1 hr 05 min

ZUMA: VYAND NOMMER EEN

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers en Penguin Random House. Met: Adriaan Basson, Pieter du Toit, Pieter-Louis Myburgh en Max du Preez. Max ondervra ’n nuwe generasie ondersoekende joernaliste wat nie skroom om die waarheid te publiseer nie – ondanks die prys. Adriaan en Pieter ontleed Zuma se grootskaalse korrupsie en…
3 May 2018 58 min

ANDRÉ BARTLETT: WEERLOSE WEERSTAND

In gesprek met: Jean Oosthuizen. Aangebied deur Protea Boekhuis. Jean lei dié reguit gesprek met die bekende teoloog en predikant oor sy in-diepte ondersoek na die NG kerk se omstrede gay-beleid. Deelnemers is die gay teoloog Pieter Oberholzer, wat weens sy seksuele oriëntasie nie toegelaat is om sy roeping in die…
2 May 2018 1 hr 01 min

WINSTON WICOMB: DIE ‘MECHANIC’ IN CHRIS BARNARD SE SPAN

Met: Amos van der Merwe en Hanlie Retief. Aangebied deur Naledi. Anders as sy broer, die sanger Randall Wicomb, is dié baanbreker-navorser grootliks onbekend in sy geboorteland. Die geskiedenis van sy stryd teen verwerping weens sy velkleur, sy sukkelbestaan as jeugdige en die verstommende storie van hoe ’n Volkswagen-werktuigkundige in…
2 May 2018 1 hr 07 min

RIANA SCHEEPERS: STORMKIND

In gesprek met: Dave Pepler. Aangebied deur Tafelberg Bekroonde skrywer Riana Scheepers gesels met Dave oor magiese realisme en die San-verhale waaruit haar jongste roman voortgevloei het – die storie van ’n meisietjie wat net drie jaar oud was toe haar ma spoorloos verdwyn het …
2 May 2018 46 min

TANNIE EVITA EN PIK ONTHOU MADIBA

Met: Pieter-Dirk Uys, Pik Botha, Denis Cruywagen en Melanie Verwoerd. In die eeufeesviering van Madiba se geboortejaar onthou vier mense wat oor ons eerste demokraties-verkose president geskryf het die mens agter die woorde. Tannie Evita én Pieter-Dirk is daar, Pik huldig die man met wie hy ’n ‘onbekende en intieme verbintenis’…
2 May 2018 49 min

BLOEDGELD IN IRAK

Met: Oud-Recce Johan Raath en Abel Esterhuyse. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. ’n Oud-Recce plaas sy lewe op die spel om BBP’s en ingenieurs te beskerm wat Irak ná die oorlog moet opbou. Johan se dramatiese Blood Money gee vir die eerste keer insae in wat dit verg om vandag…
2 May 2018 1 hr 05 min

BOEKKLUB: MY LAASTE GESPREK MET KAREL SCHOEMAN

Met: Willem Landman, in gesprek met Frederik de Jager. ‘Moenie moeite doen om hierop te reageer nie … ek is van plan om my rekenaar nou simbolies af te skakel.’ Met dié woorde sluit Karel Schoeman sy e-pos aan Willem op 1 Mei 2017 af voor hy sy lewe beëindig…
2 May 2018 1 hr 07 min

MARION ERSKINE: VLERKE VIR ALMAL

Met: Vicky Davis. Aangebied deur Human & Rousseau. Amanda Todd was 15 toe sy deur middel van flitskaarte op video vertel het hoe een dom besluit haar lewe verwoes het. Daarna het sy haar lewe geneem. Dié werklike voorval was die dryfveer vir Marion om ’n storie oor boelies te…
4 Apr 2018 1 hr 04 min

JONATHAN JANSEN: AS BY FIRE

In gesprek met: Frans Rautenbach. Aangebied deur Tafelberg. Die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat gee ’n binne-perspektief op die werklike wortels van die studenteprotes van 2015/16 en praat met Frans (South Africa Can Work) oor wat hy glo universiteite moet doen om die samelewing se hulpbronne doeltreffend…
4 Apr 2018 57 min

TANT ANNA EN DIE 25 SHAKESPEARE-SONNETTE

Met: Karin Hougaard. Op 80 het Anna Neethling-Pohl, dramadoyenne en skoonsuster van NP van Wyk Louw, 25 van Shakespeare se sonnette in Afrikaans vertaal – ‘om te wys ek kan’. Dié gedigte is nou op CD beskikbaar, voorgelees deur Karin Hougaard. Sy gesels oor die projek se ontstaan met Ingrid…
21 Mar 2018 53 min

IZAK DU PLESSIS: BOEREVERNEUKERS!

In gesprek met: Martelize Brink. Aangebied deur Penguin Random House. RSG se Izak vertel vir Martelize meer van sy heerlike versameling Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het, en waar hy hulle almal raakgelees het. Van die karakters is minder bekend; ander het…
21 Mar 2018 52 min

FRANZ MARX: SPIEËLBEELD

Aangebied deur Protea Boekhuis. Die veelbekroonde TV-skrywer/vervaardiger se debuut is ’n spanningsverhaal wat teen die skunnige agtergrond van Johannesburg se ontkleeklubs en die administratiewe kantore van internasionale sakeondernemings afspeel. Akteur, dramaturg en nou ook skrywer Schalk Schoombie vra Franz uit oor wat terselfdertyd ’n speurtog, en ’n ironiese soeklig op hedendaagse…
20 Mar 2018 1 hr 03 min
44 – 64