3 May ADAM SMALL: DENKER, DIGTER, DRAMATURG

Met: Sandra Kotze, Cobus Rossouw,
Steward van Wyk en Pieter Odendaal.
Aangebied deur Protea Boekhuis.
In 1974, tydens die eerste professionele
opvoering van Kanna hy kô huis toe in die
toe Nico Malan-teater, was die wit gehoor
in vervoering oor dié poëtiese ‘nuwe
stem’. Sandra was Makiet onder regie
van Pieter Fourie en Cobus, Kanna. In ’n
gesprek met Heindrich Wyngaard onthou
dié twee teatergrotes daardie dae, terwyl
Steward terugkyk na Small se letterkundige
nalatenskap en Pieter sy aangrypende
gedig voorlees oor sy pa en Adam Small.
01:01:06
Loading player...