US Woordfees 2018: Skrywersfees

2018: Skrywersfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2018.
Occasionally English South Africa Arts · TV & Film
73 Episodes
1 – 20

CARINA STANDER: DIE BERGENGEL

Aangebied deur Protea Boekhuis. Die verhaal van ’n mitiese bergengel en die jong Eron Verberger se lewensveranderende avontuurreis deur die land Gabriëllië is die onderwerp van Carina se fantasieverhaal. Sy vertel meer omtrent haar karakters en inspirasie aan die hand van die 30 sketse wat sy vir haar boek gemaak het.
31 May 2018 1 hr 06 min

GERARD SEKOTO: FIELIES EN POTE

Met: Melvyn Minnaar, Barbara Lindop en Marelize van Zyl. Op 60 het die kunstenaar Gerard Sekoto ’n prenteboekie vir kinders – oor twee stout honde – geskryf en geïllustreer. Dié storie is in 2013, 100 jaar ná sy geboorte, in 12 tale vertaal, insluitende as Fielies en Pote in Afrikaans…
31 May 2018 51 min

REDI TLHABI: KHWEZI

In conversation with: Adriaan Basson. Presented by Jonathan Ball Publishers. Adriaan Basson asks the talk show radio host and author what price Fezekile Ntsukela Kuzwayo – better known as Khwezi – ultimately paid as the woman who dared to accuse Zuma of rape, and why this book and Jacques Pauw’s…
31 May 2018 1 hr 03 min

DIE SMIT-MOORDE: ‘EK IS LIZA SMIT’

Met: Liza Smit. Aangebied deur Jacana Media. Veertig jaar sedert die raaiselmoorde op NP-politikus Robert Smit en sy vrou in hulle Springs-tuiste, met RAU TEM teen die muur geverf as enigste leidraad, is die moordenaars steeds soek. Liza, hulle aangenome dogter, was toe 13. Deur die jare het sy haar…
31 May 2018 1 hour

GRIEKELAND EN ROME IN SUID-AFRIKA

Met: Amy Daniëls, Philip Bosman, Samantha Masters, Jo-Marie Claassen en Samantha Masters. Aangebied deur Cambridge University Press. Is die Klassieke oudheid handlanger van die kolonialisme? In South Africa, Greece, Rome: Classical Confrontations, ’n bundel essays met Grant Parker van Stanford University as die redakteur, word aspekte van antieke Grieks-Romeinse kultuur…
31 May 2018 52 min

WHOSE HISTORY IS IT ANYWAY?

With: Fred Khumalo, Alexandra Fuller and Achmat Dangor. Sandra Swart asks three writers if it is important to tell accurate stories about the past – even if it’s offensive or hurtful? Fred used the sinking of the crew ship SS Mendi during the First World War as backdrop for Dancing the…
31 May 2018 1 hr 04 min

HENK GOUS: BREEKPUNT

In gesprek met: Simon Bruinders en Benescke Janse van Rensburg. Aangebied deur CUM Uitgewers Te veel stres en langdurige spanning kan tot ernstige liggaamlike siektes en emosionele uitbranding lei. Henk, wat ook ’n berader is, bespreek maniere om breekpunt te vermy, gesonde streshantering en die redes waarom slagoffers van trauma…
31 May 2018 52 min

LEWENSMAATS OF ‘SUSTERS’

Met: Celesté Fritze en Hester van der Walt. Ena Jansen gesels met twee debuutskrywers wat geheimhouding oor lesbiese seksualiteit as tema het in ’n tyd toe dit taboe was. Celesté se Verlorenkop, wat vir talle literêre prys benoem is, verken die impak van besluite om die skyn te bewaar oor drie…
31 May 2018 1 hr 03 min

DERICK VAN DER WALT: TUSSEN VRIENDE

In gesprek met: Alta Cloete. Aangebied deur Queillerie. Rugby en seer-snaakse grootwordervarings het Derick al heelparty pryse vir sy jeugromans én ’n fliekkontrak besorg. Maar nou skryf hy oor 50-plussers en hulle alledaagse bestaan uit ’n man se oogpunt – van vriendskap, skuldgevoelens en ’n affair, tot ’n huweliksmaat se…
31 May 2018 51 min

GABRIËL BOTMA: POLEMIEKE

In gesprek met: Lizette Rabe. Aangebied deur Penguin Random House Onthou jy nog die pennestryd wat in koerante gewoed het oor Dan Roodt se teenwoordigheid by die Woordfees? Of die fel woordewisseling nadat NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver tydens Republiekdagviering opgevoer is, of die ‘Boetman is…
31 May 2018 1 hr 09 min

LOFTUS EN BIBI: SLEGTE SEKS & GIN

Met: Loftus Marais, Bibi Slippers, Desmond Painter, Ryan Pedro, Annie Klopper, Andries Bezuidenhout en Charlotte van den Broeck. Daar is te min gedigte oor slegte seks in Afrikaans, en te veel oor die natuur, voëls, God en die liefde. Ses Afrikaanse digters, een Vlaming en ’n studentedigter kom lees ’n nuwe…
31 May 2018 56 min

LEON VAN NIEROP: KATELKNAAP

Aangebied deur Penguin Random House. Die vervaardiger, skrywer en fliekresensent gee die voorafstorie van Plesierengel, die storie van Tristan Hansen, ’n jongman wat deur die rykste vroue in Johannesburg vir sy ‘dienste’ betaal word. Ons hoor wat hom sy lewenspaadjie laat kies het en ontmoet ook die vroue wat hom…
30 May 2018 47 min

DIE RESTAURANT AS MISDAADTONEEL

Met: Schalk Schoombie en Irna van Zyl. ’n Bekende kosresensent sterf onverklaarbaar en ’n ongewilde sjef word ná ’n hewige tantrum die volgende oggend dood in sy kombuis gevind. Oudjoernaliste Schalk (Rooi haring) en Irna (Gifbeker) gesels met Kerneels Breytenbach oor hoe ons jongste koshebbelikhede en die moderne onthaalwese vrugbare…
30 May 2018 1 hour

MARLENE VAN NIEKERK: DIE DIGTER

Aangebied deur Human & Rousseau. Vier jaar ná Kaar verskyn twee digbundels deur dié Hertzogpryswenner vir poësie. Louise Viljoen ontsluit die beeldgedigte van In die stille agterkamer en Gesant van die mispels aan die hand van foto’s van die werk van die Nederlandse skilders Adriaen Coorte (1659-1707) en Jan Mankes…
30 May 2018 57 min

DAMES EN HERE, LEONARD COHEN!

Met: Danie Marais, Kerneels Breytenbach en Andries Bezuidenhout. Die Kanadese digter-troebadoer, skepper van ‘Suzanne’ (1967) en ‘Hallelujah’ (1984), is in November 2016 op 82 dood ná ’n verstommende oplewing laat in sy loopbaan. ’n Deeglike evaluering van die poësie in sy lirieke, met nuwe insigte, baie bewondering en heelwat heimwee…
30 May 2018 1 hr 09 min

VROUE IN VERANDERING

Met: Christi van der Westhuizen, Sylvia Vollenhoven, Annie Klopper en Bettina Wyngaard. Wat haar fassineer van ’n manlike teenwoordigheid, sê Antjie Krog nadat sy die Hertzogprys vir poësie ontvang het, is ‘mans gaan nooit net weg nie, hulle vat ook die mag saam weg en dan bly daar nou net ’n…
30 May 2018 1 hr 01 min

HARTEBREKER: CHRIS BARNARD EN DIE EERSTE HARTOORPLANTING

Met: James Styan en Gilbert Gibson. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Die flambojante liefdeslewe, huwelike (en egskeidings) van hartchirurg Christiaan Barnard het soms die impak van sy historiese eerste hartoorplanting oorskadu. Maar 50 jaar later is sy prestasie des te meer merkwaardig – veral as gekyk word na eksklusiewe foto’s van…
30 May 2018 55 min

HANNELIE GROENEWALD: TERREUR IN KABOEL

Aangebied deur Lux Verbi. Vier jaar gelede is ’n Pretoriase ma se man en twee kinders uitgewis in ’n terreuraanval op hulle huis in Kaboel, waar Hannelie se man opheffingswerk gedoen en sy as dokter gewerk het. Net hulle een hondjie, Chico, het oorleef. Hanneli vertel aan skrywer en terapeut…
30 May 2018 1 hr 01 min

PIETER-DIRK UYS: WEERKLINK VAN ’N WANKLANK

Aangebied deur Missing Ink. Pieter-Dirk vind in sy 72e jaar die moed om die storie ágter die stories te vertel in hierdie teatermemoires, wat saam met sy Engelse weergawe, Echo of a Noise, nou in boekvorm verskyn. Hy bied ’n kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en gesag – van…
30 May 2018 1 hr 29 min

SCHALK VAN DER MERWE: ON RECORD

Met: Andries ‘Roof’ Bezuidenhout. Aangebied deur African Sun Media. In On Record – Music and Society in Recorded Popular Afrikaans Music Records, 1900-2017 ondersoek Schalk die geskiedenis van opgeneemde populêre musiek - van die eerste opname van die ou volkslied tot Steve Hofmeyr se onlangse optredes, en maak hy en…
30 May 2018 1 hr 13 min
1 – 20