30 May HARTEBREKER: CHRIS BARNARD EN DIE EERSTE HARTOORPLANTING

Met: James Styan en Gilbert Gibson. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Die flambojante liefdeslewe, huwelike (en egskeidings) van hartchirurg Christiaan Barnard het soms die impak van sy historiese eerste hartoorplanting oorskadu. Maar 50 jaar later is sy prestasie des te meer merkwaardig – veral as gekyk word na eksklusiewe foto’s van toe (wat ook gewys sal word). Gilbert, mediese dokter en digter, vra James uit – ook oor Hamilton Naki, die swart tegnikus wat saam met sy vriende die chirurg agter die skerms gehelp het.
Loading player...