
Minister ondersteun korrupsieondersoek by Agronomiese Raad
Loading player...
Die Teenkorrupsiekommissie ondersoek tans bewerings van sistematiese korrupsie, verkrygingsoortredings en bestuursmislukkings by die Namibiese Agronomiese Raad. Landbouminister Inge Zaamwani het die week in die Nasionale Vergadering gesê sy is bewus van die speurtog. Sy het geantwoord op ‘n vraag deur IPC-parlementslid Imms Nashinge. Die bewerings dateer terug na Februarie vanjaar toe Nashinge 'n hokaairoepersverslag in die parlement geopper het. Indien wangedrag bewys word, sal toepaslike administratiewe en dissiplinêre stappe volgens Zaamwani geneem word.

