Brittanje sluit nuwe ooreenkoms met EU

Loading player...
Tien jaar ná die Brexit-referendum het Brittanje en die Europese Unie ’n nuwe ooreenkoms bereik wat handelsversperrings verminder en bande herstel. Premier Andy Burnham het Vrydag in Brussel ooreengekom om voedselhandel te vergemaklik en jongmense weer geleenthede te bied om oor grense heen te werk en studeer. Die twee partye gaan ook hul koolstofhandelstelsels verbind. Volgens die Britse regering kan die ooreenkomste teen 2040 jaarliks sowat 17 miljard pond tot die ekonomie toevoeg. Hoewel Brittanje buite die EU bly, beskou ontleders die ooreenkoms as ’n betekenisvolle stap om sommige ekonomiese gevolge van Brexit te versag. Dr Riaan Eksteen, voormalige Suid Afrikaanse ambassadeur in Namibië, deel sy mening:
22 Nov 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minister ondersteun korrupsieondersoek by Agronomiese Raad

Die Teenkorrupsiekommissie ondersoek tans bewerings van sistematiese korrupsie, verkrygingsoortredings en bestuursmislukkings by die Namibiese Agronomiese Raad. Landbouminister Inge Zaamwani het die week in die Nasionale Vergadering gesê sy is bewus van die speurtog. Sy het geantwoord op ‘n vraag deur IPC-parlementslid Imms Nashinge. Die bewerings dateer terug na Februarie vanjaar…
22 Nov 5AM 1 min

Sowat 50 kinders elke dag in SA verkrag

FORUM4SA het ’n dringende nasionale ingryping geëis nadat statistieke getoon het dat 4 362 kinders jonger as 18 jaar tussen Julie en September vanjaar verkrag is. Dit beteken gemiddeld sowat 50 kinders deurleef daagliks die gruwel. Die woordvoerder, Tebogo Mashilompane, beskryf die syfers as ’n nasionale skande en beskuldig die…
22 Nov 4AM 1 min

ActionSA wil nie na DA se pype dans

ActionSA het die DA se volledige en finale koalisie-voorstel vir Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni verwerp. Die DA het 'n ooreenkoms van "voorsiening en steun" voorgestel, waarvolgens Nasiphi Moya van ActionSA aan die hoof van Tshwane sou staan, terwyl die DA beheer oor Johannesburg en Ekurhuleni sou neem. In 'n gesprek…
22 Nov 2AM 1 min

Hartlief vier 80 met groot belegging

Hartlief vier sy 80ste bestaansjaar met ’n groot belegging in sy toekoms deur sy fabriek in Windhoek op te gradeer om produksiekapasiteit, doeltreffendheid en betroubaarheid te verbeter. Die verbeterings sluit in nuwe verwerkingsmasjinerie, twee bykomende ontdooiingskamers wat die ontdooiingskapasiteit verdubbel, opgegradeerde verkoelings- en yskasstelsels, asook uitgebreide vriesbergingskapasiteit. Sven Thieme, uitvoerende…
22 Nov 1AM 1 min

Zelenski sê Poetin is 'n moordenaar

Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het die Russiese president, Wladimir Poetin, ’n moordenaar genoem nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, na Poetin as sy vriend verwys het. Zelenski het in ’n onderhoud met CNN gesê Poetin is Oekraïne se vyand en dat vriendelike uitsprake oor hom internasionale druk op Rusland…
22 Nov 12AM 1 min