Zelenski sê Poetin is 'n moordenaar

Loading player...
Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het die Russiese president, Wladimir Poetin, ’n moordenaar genoem nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, na Poetin as sy vriend verwys het. Zelenski het in ’n onderhoud met CNN gesê Poetin is Oekraïne se vyand en dat vriendelike uitsprake oor hom internasionale druk op Rusland kan verswak. Trump het vroeër tydens samesprekings in China sy goeie verhouding met Poetin beklemtoon. Intussen het nuwe Russiese aanvalle op Oekraïne verskeie menselewens geëis en belangrike infrastruktuur beskadig. Zelenski sê Rusland se voortgesette aanvalle wys waarom internasionale druk op Moskou gehandhaaf moet word.
22 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA polisie outomatiseer noodlyn

Suid-Afrika se nasionale adjunk-polisiekommissaris, Tebello Mosikili, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het geoutomatiseerde stemopnames vir 10111-oproepe ingestel vir gevalle waar operateurs met ander inbellers besig is. Die kwessie het kommer ontlok oor noodreaksie en polisie-aanspreeklikheid. Sy hou vol die meer as 1,7-miljoen onbeantwoorde oproepe in die 2025/26-boekjaar is nie doelbewus deur…
21 Nov 11PM 1 min

Rugby: Bokke benodig bonus - en meevaller

Rugby-ondersteuners sal vanmiddag wêreldwyd op die punte van hul stoele sit vir die laaste groepwedstryde in die sport se splinternuwe Nasieskampioenskap. Die toetse tussen Ierland en Suid-Afrika en Engeland en Nieu-Seeland sal bepaal watter span uit die suidelike halfrond na die eindstryd vorder. Die Springbokke het ‘n bonuspuntwen nodig en…
21 Nov 5AM 1 min

Werkloosheid: Staat moet ingryp, sê Jauch

Massas werklose Namibiërs kan nie op verkiesingsbeloftes of groot buitelandse beleggings staat maak om hul lot te verander nie, sê die arbeidskenner Herbert Jauch. Die werkloosheidsyfer van 36,9 persent, waarvan byna 40 persent vroue is, sal volgens Jauch voortduur sonder strukturele veranderinge. Hy sê die syfer kan selfs 54 persent…
21 Nov 4AM 1 min

WHO erken handel moet hervorm

Die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê wêreldhandel bly veerkragtig, ten spyte van toenemende onsekerheid. Sy het tydens die All Africa Business Leaders Awards in Sandton gesê handel kry dikwels die skuld vir uitdagings wat verband hou met outomatisering, ontoereikende maatskaplike ondersteuning en ekonomiese beleid. Okonjo-Iweala het erken dit…
21 Nov 3AM 1 min