
Sowat 50 kinders elke dag in SA verkrag
Loading player...
FORUM4SA het ’n dringende nasionale ingryping geëis nadat statistieke getoon het dat 4 362 kinders jonger as 18 jaar tussen Julie en September vanjaar verkrag is. Dit beteken gemiddeld sowat 50 kinders deurleef daagliks die gruwel. Die woordvoerder, Tebogo Mashilompane, beskryf die syfers as ’n nasionale skande en beskuldig die owerhede daarvan dat hulle versuim om weerlose kinders te beskerm. Die organisasie eis doeltreffender polisiëring, verbeterde ondersoeke, ’n regstelsel wat kinders se belange vooropstel, en groter aanspreeklikheid van die regering. Mashilompane het ook gemeenskappe, skole en gesinne aangemoedig om die stilswye oor seksuele mishandeling te verbreek.

