
NTN voeg vertonings van Lammie Beukes-produksie by
Loading player...
Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) het bykomende vertonings van die Afrikaanse teaterproduksie oor Lammie Beukes aangekondig, weens belangstelling in die stuk. Die produksie sal aanvanklik op 27 en 28 November in Lüderitz opgevoer word, met verdere vertonings van 3 tot 5 Desember. Die stuk ondersoek temas soos moederskap, gesinsverhoudings en die maatskaplike druk waarmee vroue te kampe het. NTN-woordvoerder Desiree Mentor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

