
EIF ontken bewerings oor koste van Kunene-groenskemas
Loading player...
Die Omgewingsbeleggingsfonds, EIF, verwerp bewerings dat die koste van die Warmquelle- en Khowarib-groenskemas in die Kunene-streek tot 65 miljoen Namibiese dollar gestyg het. PDM-president McHenry Venaani het kommer uitgespreek oor moontlike finansiële wanbestuur en eis aanspreeklikheid oor die besteding van fondse en voordele vir plaaslike gemeenskappe. EIF-woordvoerder Nicole van Wyk sê die oorspronklike rehabilitasiekontrak is in 2020 vir 32 miljoen Namibiese dollar toegeken en dat dié kontrak steeds van krag is.

