
Parlementêre ondersoek na Sokkervereniging se finansies
Loading player...
'n Mosie dat die Namibiese Sokkervereniging deur die parlement ondersoek word na die Brave Warriors se omstrede besoek aan Kameroen, is ter tafel gelê. Die nasionale span was by hul hotel gestrand weens ’n uitstaande verblyfrekening van ongeveer 320 000 Namibiese dollar. Dit kom midde berigte oor onbetaalde spelerstoelae en bonusse van sowat 620 000 dollar. Die Republikeinse Party-LP, Mathias Mbundu, vra dat die aangeleentheid bespreek word, terwyl hy die vereniging se finansiële bestuur bevraagteken.

