Wessel en Joan vra vir Kuvanza, ’n 11-jarige Khoisan dogtertjie wat by hul in die huis woon om in haar Kuvela Khoisan dialek van 1 tot 10 te tel. Wessel en Joan deel weer getuienisse van hoe die Here hul teenwoordigheid gebruik om genesing te bring vir mense wat baie…
Wessel en Joan deel hul getuienis wat spreek van die krag van liefde. Ten spyte van hul eie pyn rondom die dood van hul eie seun sê Joan dat die sendingveld ook tog romanties is en dat hul altyd die hand van Here kon sien en beleef. Vandag gebruik die…
Murray en Christine vertel staaltjies uit hul eie lewens en van sendelinge wat hulle jare gelede uitgesaai het. Hulle vertel ook van So Stuur Ek Julle jare gelede toe die program nog op 'n Maandagoggend 06:45 was en bekend gestaan het as Gaan dan Heen.
Sat-7 saai Christelike TV uit aan mense van die Midde-Ooste. Ons hoor hoe en waar Sat-7 begin het en gegroei het totdat hul nou meer as 30 miljoen mense in die Midde-Ooste bereik. Sat-7 saai in Arabies, Farsi van Iran en Turks uit. Hulle het ook 'n voltydse kinderprogram en…
Murray en Bryan gesels oor dissipelskap en hoe elkeen 'n dissipelmaker moet wees. Bryan was 'n weeskind en hy gesels oor die Vaderhart van God ook vir al die volke van die wêreld. Die volke het na ons gekom en ons moet uitreik na hulle. Ons moet God se hart…
Bryan vertel van sy honger na God en hoe hy gesoek het en hoe hy God gevind het as student. Hy vertel van hoe hy in elektronika gewerk het. Sy roeping as sendingmobiliseerder in Hatfield Christian Church het gekom toe sy werk hom oorsee gestuur het.
Murray en Andrew gesels oor ’n nuwe hoofstuk in Andrew se lewe. Hierdie jaar het Andrew INcontext verlaat en ’n nuwe hoofstuk begin met ISF (Institute for Strategic Foresight). ISF doen scenario beplanning om die kerk toe te rus vir gebeure wat nuwe geleenthede skep wanneer mense meer vatbaar is…
Murray en Andrew gesels oor die werk van INcontext. Alhoewel Andrew as kind geinspireer is deur die stories van Broer Andrew van Geopende Deure het hy eers ’n ander paadjie gestap. Na skool het hy BCom Logistieke bestuur studeer en ’n loopbaan in die rigting begin, maar hy geweet die…
Donette van Aswegen vertel van haar reis om die wêreld en hoe die Here haar aangegryp het deur die kinders van 'n kinderhuis in Indië. Verder vertel sy van die geleentheid waar die Here vir haar en haar man en kinders na Suid Amerika gestuur het. Danie vertel van sy…
Barney vertel van sy roeping as professionele man na die sending en hoe die Here hom gebruik in die Midde-Ooste met opleiding deur Campus Crusade for Christ
Global Challenge stuur jongmense om om die wêreld te gaan reis en sendingwerk te gaan doen vir ongeveer 'n jaar. Anne marie vertel van die skool, in Jeffreysbaai, die internskap vir jongmense van die agtergeblewe gemeenskappe en hoe hulle Dissipelskap ontwikkel dmv besigheidjies wat opgebou word.
Lydia en Wilco vertel hoe die Here hulle geroep het om in Kenia op Hom te fokus en hulle gawes te gebruik. Hulle vertel van die Kalenjen en die kinderhuis in Kenia.
Wilco en Lydia vertel hoe die Here vir hulle baie spesiale kinders gegee het toe hulle nog in Suid-Afrika was, en in Kenia nog meer kinders gegee het. Hulle vertel ook van die geweld in Kenia en hoe dit hulle geraak het.
Dries en Rentia vervaardig DVD's in baie verskillende tale en hulle versprei dit soos die Here hulle lei.
25 Apr 2021
23 min
32 – 52
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.