Murray Louw jnr gesels met Wessel en Joan van der Merwe van OM, hul werk onder die Khoisan en Luchazi mense van Angola

--:--
Wessel en Joan deel hul getuienis wat spreek van die krag van liefde. Ten spyte van hul eie pyn rondom die dood van hul eie seun sê Joan dat die sendingveld ook tog romanties is en dat hul altyd die hand van Here kon sien en beleef. Vandag gebruik die Vader hul om vir die Khoisan en Luchazi mense van Angola Sy liefde te bewys. Joan se ma is in haar matriekjaar oorlede, en ’n skoolonderwyseres het haar na die Here gelei en ’n pad van dissipelskap gestap. Vandag maak hul disippels in Angola.
29 Aug 2021 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Murray en Christine gesels oor Sat-7

Sat-7 saai Christelike TV uit aan mense van die Midde-Ooste. Ons hoor hoe en waar Sat-7 begin het en gegroei het totdat hul nou meer as 30 miljoen mense in die Midde-Ooste bereik. Sat-7 saai in Arabies, Farsi van Iran en Turks uit. Hulle het ook 'n voltydse kinderprogram en…
25 Jul 2021 24 min

Murray en Christine vertel uit hul eie lewens

Murray en Christine vertel staaltjies uit hul eie lewens en van sendelinge wat hulle jare gelede uitgesaai het. Hulle vertel ook van So Stuur Ek Julle jare gelede toe die program nog op 'n Maandagoggend 06:45 was en bekend gestaan het as Gaan dan Heen.
22 Aug 2021 25 min