So stuur Ek julle

RADIO PULPIT  |  Podcast , ±23 min episodes every 1 week, 4 days  |  Broadcast schedule  | 
Skakel in vir getuienisse deur sendelinge en mobiliseerders wat luisteraars aanroep om die Sendingbeweging regoor die wêreld te ondersteun.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
19
SEP
2021

Murray Louw jnr gesels weer met Wessel en Joan van der Merwe van OM wat in Angola werk

Wessel en Joan vra vir Kuvanza, ’n 11-jarige Khoisan dogtertjie wat by hul in die huis woon om in haar Kuvela Khoisan dialek van 1 tot 10 te tel. Wessel en Joan deel weer getuienisse van hoe die Here hul teenwoordigheid gebruik om genesing te bring vir mense wat baie trauma beleef het in Angola. Hul getuig ook van hoe die Here vir hul dit moontlik gemaak het om ’n akademiese skool te begin vir die plaaslike kinders. Hul bediening sluit ook in Teologiese en dissipelskap-opleiding en Bybelvertaling.
29
AUG
2021

Murray Louw jnr gesels met Wessel en Joan van der Merwe van OM, hul werk onder die Khoisan en Luchazi mense van Angola

Wessel en Joan deel hul getuienis wat spreek van die krag van liefde. Ten spyte van hul eie pyn rondom die dood van hul eie seun sê Joan dat die sendingveld ook tog romanties is en dat hul altyd die hand van Here kon sien en beleef. Vandag gebruik die Vader hul om vir die Khoisan en Luchazi mense van Angola Sy liefde te bewys. Joan se ma is in haar matriekjaar oorlede, en ’n skoolonderwyseres het haar na die Here gelei en ’n pad van dissipelskap gestap. Vandag maak hul disippels in Angola.
22
AUG
2021

Murray en Christine vertel uit hul eie lewens

Murray en Christine vertel staaltjies uit hul eie lewens en van sendelinge wat hulle jare gelede uitgesaai het. Hulle vertel ook van So Stuur Ek Julle jare gelede toe die program nog op 'n Maandagoggend 06:45 was en bekend gestaan het as Gaan dan Heen.
25
JUL
2021

Murray en Christine gesels oor Sat-7

Sat-7 saai Christelike TV uit aan mense van die Midde-Ooste. Ons hoor hoe en waar Sat-7 begin het en gegroei het totdat hul nou meer as 30 miljoen mense in die Midde-Ooste bereik. Sat-7 saai in Arabies, Farsi van Iran en Turks uit. Hulle het ook 'n voltydse kinderprogram en bied ook skoolklasse vir vlugtelinge aan in die Midde-Ooste. Hulle gesels ook oor die vervolgde Kerk.
11
JUL
2021

Murray Louw gesels met Bryan Retief

Bryan vertel van sy honger na God en hoe hy gesoek het en hoe hy God gevind het as student. Hy vertel van hoe hy in elektronika gewerk het. Sy roeping as sendingmobiliseerder in Hatfield Christian Church het gekom toe sy werk hom oorsee gestuur het.

33 episodes

« Back 1—12 More »