Murray Louw jnr gesels weer met Wessel en Joan van der Merwe van OM wat in Angola werk

--:--
Wessel en Joan vra vir Kuvanza, ’n 11-jarige Khoisan dogtertjie wat by hul in die huis woon om in haar Kuvela Khoisan dialek van 1 tot 10 te tel. Wessel en Joan deel weer getuienisse van hoe die Here hul teenwoordigheid gebruik om genesing te bring vir mense wat baie trauma beleef het in Angola. Hul getuig ook van hoe die Here vir hul dit moontlik gemaak het om ’n akademiese skool te begin vir die plaaslike kinders. Hul bediening sluit ook in Teologiese en dissipelskap-opleiding en Bybelvertaling.
19 Sep 2021 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Murray en Christine gesels oor Sat-7

Sat-7 saai Christelike TV uit aan mense van die Midde-Ooste. Ons hoor hoe en waar Sat-7 begin het en gegroei het totdat hul nou meer as 30 miljoen mense in die Midde-Ooste bereik. Sat-7 saai in Arabies, Farsi van Iran en Turks uit. Hulle het ook 'n voltydse kinderprogram en…
25 Jul 2021 24 min

Murray en Christine vertel uit hul eie lewens

Murray en Christine vertel staaltjies uit hul eie lewens en van sendelinge wat hulle jare gelede uitgesaai het. Hulle vertel ook van So Stuur Ek Julle jare gelede toe die program nog op 'n Maandagoggend 06:45 was en bekend gestaan het as Gaan dan Heen.
22 Aug 2021 25 min