Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
540 – 560

Brown Mogotsi vierde keer borgtog geweier

Die Johannesburgse Landdroshof het die vierde keer borgtog geweier aan die selfverklaarde politieke bemiddelaar, Brown Mogotsi. Hy staan tereg op aanklagte van regsverydeling en meineed nadat hy na bewering 'n sluipmoordpoging op homself nagemaak het in Vosloorus, Gauteng. Landdros Anneline Tlhapi het bevind Mogotsi het versuim om 'n betroubare en…
23 Sep 3AM 1 min

RISE Mzansi vra etiese herstel in openbare sektor

RISE Mzansi sê korrupsie steel van behoeftiges en ontneem gemeenskappe van openbare dienste en ekonomiese groei. Volgens parlementêre inligting is 103 korrupsie-sake in 2025/26 teen staatsamptenare aangemeld, met die Nasionale Vervolgingsgesag wat 'n skuldigbevindingskoers van bo 86-persent het. Die gemiddelde tyd vir afhandeling het egter van 195- tot 562 dae…
23 Sep 2AM 1 min

OM-stigting skenk N$ 300 000 aan 18 werknemer-geleide inisiatiewe

Die Old Mutual-stigting het 300 000 Namibiese dollar toegeken aan 18 werknemer-geleide inisiatiewe in sewe streke onder sy 2026 Personeelgemeenskap-bouerprogram. Die projekte is gekies uit 'n rekord van 28 voorleggings. Old Mutual se uitvoerende hoof, Mignon du Preez.
23 Sep 2AM 1 min

SA Departement vir Vroue bekommerd oor Sibiya-inhegtenisneming

Die Departement vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede is bekommerd oor die inhegtenisneming van die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Hy word beskuldig dat hy 'n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak, en 'n 18-jarige by 'n hotel in Sandton verkrag het. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê die…
23 Sep 1AM 1 min

SA Reserwebank kondig môre jongste repokoers-besluit aan

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal môre sy jongste repokoers-besluit aankondig, en ekonome is verdeeld oor of die koers met 25 basispunte verhoog sal word of onveranderd op 7 persent sal bly. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom dr. Roelof Botha gepraat wat sê dit sou onredelik wees vir die sentrale…
23 Sep 1AM 1 min

Nuwe intensiewe sorgeenheid by Sentrale Hospitaal sal kritieke sorg versterk

Die gesondheidministerie het 'n pediatriese intensiewe sorgeenheid van 28 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Sentrale Hospitaal geopen om kritieke sorg vir kinders te versterk en kindersterftes te verminder. Die eenheid sal hoërisiko-gevalle in die openbare sektor hanteer en afhanklikheid van private hospitale verminder. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het by die…
23 Sep 12AM 1 min

EU opskorting van Brasiliaanse vleisinvoere wys belangrikheid van beheermaatreëls

Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad sê die EU se opskorting van Brasiliaanse vleisinvoere beklemtoon die belangrikheid van Namibië se streng veeartsenykundige beheermaatreëls. Uitvoerende, Anja Boshoff, sê die land se klein uitvoervolumes beteken egter dat plaaslike produsente nie 'n groot aanvrag vir hul vleis weens die opskorting sal sien nie. Anja Boshoff…
23 Sep 12AM 1 min

Trump belowe om naam van kunsmatige intelligensie te verander

Die Amerikaanse president Donald Trump belowe om die naam van kunsmatige intelligensie te verander en sê dat dit voortaan op alle amptelike Amerikaanse dokumente as "superintelligensie" bekend sal staan. Volgens hom klink die benaming “baie beter” en is dit ook meer akkuraat:
23 Sep 12AM 1 min

Fannie Masemola gretig om terug te keer werk toe

Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hy is gretig om terug te keer werk toe nadat die Pretoriase Landdroshof die aanklagte teen hom teruggetrek het. Dit het verband gehou met 'n polisie-tender van 360-miljoen-rand aan die beweerde misdaadbaas Vusimuzi "Cat" Matlala. Masemola beskryf die afgelope maande as moeilik en…
23 Sep 12AM 1 min

SA voorsorgmaatreëls vir sardynvrektes bly van krag

Suid-Afrika se departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is om die buitengewone sardynvrektes te bestuur, bly van krag. Dit volg al is geen nuwe grootskaalse sardynvrektes aangemeld nie, buiten 'n afsonderlike voorval toe vars sardyne verlede week naby Mbotyi aan die Noordelike Wildekus…
22 Sep 11PM 1 min

Petrofund teken ooreenkoms met Saipem

Petrofund het 'n ooreenkoms met die globale ingenieurs- en konstruksiemaatskappy, Saipem, onderteken, wat kapasiteitsbou in Namibië se ontluikende stroomop-olie- en gassektor sal fasiliteer. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi sê die ooreenkoms skep 'n raamwerk vir samewerking om plaaslike vaardighede te ontwikkel en kennisoordrag te bevorder. Shoki Kandjimi Woensdag
22 Sep 11PM 1 min

Bokke die belangrikste toets: Wallabie-flank

Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê 'n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens…
22 Sep 11AM 1 min

Trump prys homself, trek los teen Iran by VN

Amerikaanse president Donald Trump het vanmiddag tydens sy toespraak by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York 'n hewige aanval op Iran geloods. Trump het sterk klem gelê op die voortslepende konflik, wat nou sy sewende maand nader. Hy het erken dat die konflik ontwrigting van…
22 Sep 11AM 1 min

SA privaatsektor gaan nou ook BKS-entstof vervaardig

Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie…
22 Sep 11AM 1 min

Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging

Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend…
22 Sep 10AM 1 min

Sit beloftes oor in waterprojekte in Afrika: NNN by VN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die VN se Algemene Vergadering in New York 'n beroep op globale vennote gedoen om dringend politieke beloftes in bankbare waterprojekte reg oor Afrika te omskep. Met die klem op Namibië se strewe onder NDP6 om beleggings vir seewaterontsouting, suiwering en waterdraeraanvulling te lok, het…
22 Sep 10AM 1 min

12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke

Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van…
22 Sep 10AM 1 min

112 vragmotor-ongelukke, 48 sterftes in 8,5 maande

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tussen 1 Januarie en 16 September landswyd 112 vragmotor ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 211 beserings en 48 sterftes. Die Erongo-streek het die hoogste aantal ongelukke en sterftes aangeteken, gevolg deur Khomas. Botsings was die mees algemene tipe ongeluk en was verantwoordelik vir 57 ongelukke,…
22 Sep 9AM 1 min

Senior SA polisie-offisier in arres vir seksuele oortredings: SAPD

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is Maandagaand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus 'n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die…
22 Sep 9AM 1 min
540 – 560