Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
540 – 560

Uiters goeie pryse by Agra-veiling in hoofstad

Agra Veilings het weer ‘n suksesvolle kommersiële veiling Donderdag in die hoofstad gehou. Uiters goeie pryse is behaal en soos Paul Klein, algemene bestuurder van Agra Veilings aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik, handel dit oor die reën, goeie weiding en ekstra slagkapasiteit wat aangebring word. Klein het die gemiddelde pryse…
14 Nov 12AM 1 min

Ekonoom sê oor goeie vertoning van SA-rand

Die Suid-Afrikaanse rand het vir die eerste keer sedert Februarie 2023 tot onder 17 per Amerikaanse dollar versterk, terwyl aandele en effekte gestyg het na die middeltermynbegrotingsopdatering wat 'n laer inflasieteiken en verbeterde fiskale vooruitsigte insluit. Die rand het soveel as 0,8 persent gestyg en sy sterkste vlak in byna…
13 Nov 11PM 1 min

Nujoma maak ommekeer op sy 'twyfelagtige' teiken

Die Khomas-goewerneur Sam Nujoma het homself gedistansieer van sy beloftes in April vanjaar om 5 000 huise in een jaar te bou en aan The Namibian gesê die teiken is deel van die Swapo-verkiesingsmanifes en nie 'n persoonlike verbintenis nie. In April vanjaar het Kosmos 94.1 die uiters verdagte teiken…
13 Nov 11PM 1 min

VSA-publiek ontevrede met regering se hantering van Epstein-skandaal

Verwikkelinge in Amerika rondom die nuut-vrygestelde persoonlike e-posse van die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein, waarin president Donald Trump en ander prominente figure herhaaldelik genoem word, kring steeds uit. Die Withuis het die belangrikheid daarvan van die hand gewys, met adjunk-perssekretaris Abigail Jackson wat aan die BBC gesê het: "Hierdie e-posse…
13 Nov 10PM 1 min

Cyril beklemtoon belangrikheid van boubedryf, infrastruktuur

President Cyril Ramaphosa sê infrastruktuur gee mense die grondslag om te floreer. Hy het gepraat op die tweede Nasionale Bouberaad in Boksburg, Gauteng. Ramaphosa sê gehalte-infrastruktuur verhoog produktiwiteit, verlaag lewenskoste en vuur belegging aan. Hy voer aan die boubedryf kan gemeenskappe hervorm deur werk te skep en dienste te verbeter…
13 Nov 10PM 1 min

Namibia One Fund kry lof by COP30

By COP30 in Brasilië het Andrew Johnstone, uitvoerende hoof van Climate Fund Managers, Namibië se ambisieuse klimaatsverbintenisse onder die Parys-ooreenkoms geprys. Hy het die Namibia One Fund uitgelig, 'n gemengde finansieringsinisiatief wat openbare en private beleggings lok om die land se groenwaterstofsektor en infrastruktuur te versterk.
13 Nov 10AM 1 min

Nkabinde sê hy is uit OPOD geskors na verklikking

Die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se personeelhoof, Cedrick Nkabinde, het aan die parlement se ad hoc-komitee gesê hy is in 2018 uit die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat geskors nadat hy die destydse uitvoerende direkteur, Robert McBride, en die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan verkla het. Nkabinde beweer sy verslag aan die gewese polisieminister,…
13 Nov 10AM 1 min

Gereelde ondersoeke kan prostaatkanker klop!

November is Prostaatkanker-bewusmakingsmaand. In Namibië is prostaatkanker baie algemeen en kom meer voor as borskanker. Die nuutste statistieke toon dat daar 63,8 gevalle per 100 000 mense voorkom. In sub-Sahara Afrika is die voorspelling dat dit drievoudig sal toeneem teen 2040. Dr. Penoshinge Shikonga, uroloog by die Sentrale Hospitaal, lig…
13 Nov 9AM 1 min

'Verwerp wetsontwerp' wat streekrade se magte wil sny

'n Voorgestelde wet om plaaslike- en streeksraadslede se magte te verminder en hulle onder streekgoewerneurs te plaas, wek kommer. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê die wysigings sal die koördinering tussen plaaslike en streeksowerhede versterk. Maar regeringskenner Pius Dunaiski waarsku dat die wetsontwerp demokrasie kan ondermyn…
13 Nov 9AM 1 min

Minister moet antwoord oor onwettige sandmynbou

Die parlement het kommer uitgespreek oor toenemende onwettige sandmynbou-aktiwiteite. Die IPC-wetgewer Rodrick Likando sê ongereguleerde bedrywighede verwoes die omgewing, beskadig paaie en versteur ekosisteme, ten spyte van duidelike wetlike beperkings daarop. Likando eis antwoorde van die omgewingminister oor swak afdwinging.
13 Nov 9AM 1 min

VSA se G20-beraad boikot te betreur: AU Kommissie

Die voorsitter van die Afrika Unie Kommissie, Mahamoud Ali Youssouf, sê die Amerikaanse besluit om die komende G20-leiersberaad in Suid-Afrika te boikot, is betreurenswaardig. Die Amerikaanse president Donald Trump het verlede week gesê Suid-Afrika behoort nie in die G20 te wees nie weens sy beweerde menseregte misbruik teen die wit…
13 Nov 9AM 1 min

Wêreld erken klimaatkrisis, Trump maak g'n verskil: Al Gore

Die voormalige Amerikaanse vise-president en klimaatvoorstander Al Gore sê president Donald Trump se ontkenning van die klimaatkrisis het veel van ‘n impak nie omdat die wêreld dit erken. Hy sê die eerste ontrekking vanuit die Parys-ooreenkoms deur Trump het eintlik ‘n positiewe impak gehad. Hy het met CNN gepraat.
13 Nov 8AM 1 min

Basiese inkomstetoelaag sal 'werkende armes' help

Steeds oor die uitdagings wat die informele sektor in die gesig staar. Terwyl Namibië 'n relatief omvattende maatskaplike beskermingsraamwerk het, ignoreer die ontwerp en implementering daarvan grootliks die realiteite van informele werknemers, wat lei tot wydverspreide kwesbaarheid in sleutelsektore, insluitend landbou, voedsel- en verblyfdienste, konstruksie en handel. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch…
13 Nov 8AM 1 min

Baanbrekende gas-na-energie-aanleg sit vullis in krag om

Die Stad Kaapstad se nuwe gas-na-energie-aanleg sal genoeg elektrisiteit opwek vir 4 300 huishoudings deur sy afvalgas na kragopwekking-projek by die Coastal Park Vullisterrein. Die metro het reeds 93-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die projek bestee en sal die volgende drie jaar nog 82-miljoen-rand belê vir verdere infrastruktuur by ander vullisterreine…
13 Nov 7AM 1 min

Ohangwena ll Wellfield-projek mik na beter watervoorsiening

Die 250 miljoen Namibiese dollar Ohangwena ll Wellfield-watervoorsieningprojek is vandag amptelik ingewy. Die projek is daarop gemik om watervoorsiening aan die Ohangwena-streek te verbeter deur boorgate toe te rus, 'n omgekeerde osmose-aanleg te bou, reservoirs en pompstasies te bou, en uitgebreide pyplynnetwerke te installeer. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van Namwater.
13 Nov 7AM 1 min

Suid-Afrikaners in Donbas: Hoe het die werwing in die land plaasgevind?

Die DA eis aanspreeklikheid oor hoe 17 Suid-Afrikaanse mans met beloftes van werk gelok is om by huursoldaatmagte aan te sluit wat by die oorlog tussen Rusland en Oekraïne betrokke is. Die mans was blykbaar onder die indruk hulle gaan wettige opleiding kry of sekuriteitswerk doen, maar is gedwing om…
13 Nov 5AM 1 min

Epstein-slagoffers sê daar is te veel fokus op Trump

Die gebruik deur die Republikeinse regering van die woord ‘hoax’ in verband met die Jeffrey Epstein-skandaal het sy slagoffers warm onder die kraag. Talle van hulle word ook nou genoem in dokumente soos dit vrygestel word wat hulle van vooraf traumatiseer. Een van Epstein se slagoffers Lisa Phillips het met…
13 Nov 5AM 1 min

Sentralisering van olie en gas beheer kan lei tot misbruik

Reaksie word ontvang op die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet wat beheer oor Namibië se olie- en gassektor te sentraliseer onder die president. Die stap is daarop gemik om besluite te versnel en 'n toegewyde regulatoriese eenheid vir die stroomop-bedryf in die Presidensie te vestig. Die eenheid sal ‘n direkteur-generaal…
13 Nov 5AM 1 min

Aansoeke vir sonkrag-omwentelingsfonds is oop

Die energieministerie nooi aansoeke uit vir sy Sonkrag-omwentelingsfonds, wat bekostigbare lenings bied om toegang tot skoon energie te bevorder. Sedert 2010 het die fonds meer as 5 700 hernubare energiestelsels gefinansier, en meer as 176 miljoen Namibiese dollar landwyd belê. Namibiërs kan nou aansoek doen vir lenings van tot 150…
13 Nov 5AM 1 min
540 – 560