
RISE Mzansi vra etiese herstel in openbare sektor
Loading player...
RISE Mzansi sê korrupsie steel van behoeftiges en ontneem gemeenskappe van openbare dienste en ekonomiese groei. Volgens parlementêre inligting is 103 korrupsie-sake in 2025/26 teen staatsamptenare aangemeld, met die Nasionale Vervolgingsgesag wat 'n skuldigbevindingskoers van bo 86-persent het. Die gemiddelde tyd vir afhandeling het egter van 195- tot 562 dae gestyg, met tot 962 dae vir wetgewende sake. Woordvoerder Mabinda Seaba dring aan op leefstyloudits, en genoegsame hulpbronne vir die Valke:

