
Munisipaliteite beplan skutgeriewe vir loslopende vee
Loading player...
Die landbouministerie wil plaaslike owerhede meer betrek by pogings om die probleem van loslopende vee in stedelike gebiede en langs paaie hok te slaan. Woordvoerder Romeo Muyunda sê verskeie munisipaliteite beplan om toegewyde skutgeriewe op te rig waar rondloperdiere veilig aangehou kan word.

