
Het Windhoek plek vir al die krieket-toeriste?
Loading player...
Namibië se mede-aanbieding van die 2027 Krieketwêreldbeker lok reeds aansienlike internasionale belangstelling, met meer as twee miljoen kaartjie-aansoeke wat vir wedstryde in Windhoek ontvang is. Daar word verwag dat die geleentheid 'n welkome hupstoot aan die toerisme- en gasvryheidsektor sal gee, maar daar is vrae oor of die hoofstad oor genoeg akkommodasie beskik om aan die verwagte vraag te voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.

