
12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke
Loading player...
Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van inligting en biblioteek by die instituut, Jasko Rust, sê na finale ontwerpverfynings sal die nuwe titels in 2027 in nege plaaslike tale vertaal word en gratis aan die publiek en opvoedkundige organisasies reg oor die land versprei word.

