Die Britse eerste minister, Andy Burnham, beskuldig Rusland van inligting-oorlogvoering en pogings om tydens sy land se verkiesing in 2019 in te meng. Hy het in sy eerste groot internasionale toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, uitgevaar oor Rusland se vermeende pogings om leuens en…
Die DA sê die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, moet afgedank word indien hy skuldig bevind word aan die ernstige aanklagte van seksuele oortredings teen hom. Hy staan tereg op vyf aanklagte, waaronder verkragting, twee aanklagte van seksuele gereedmaking, die aanmoediging van seksuele gereedmaking van 'n kind, en mensehandel…
Die Namibian Animal Welfare Association, Nawa, stel 'n mobiele sonkrag-aangedrewe eenheid in werking om gratis veeartsenykundige sorg en dierevriendelike tuie vir perde en donkies na afgeleë landelike nedersettings te bring. Janine van Rooyen, voorsitter van die Nawa-komitee, verduidelik hoekom die behandeling van diere in gemeenskappe noodsaaklik is.
Nanso veroordeel die uitbuiting van studente-interns en vra vir 'n nasionale raamwerk wat minimum toelaes verpligtend maak en die oorgang na permanente poste reguleer. Woordvoerder Ndayola Mulongeni sê dat baie interns minder as 1 000 Namibiese dollar per maand verdien, wat nie eens basiese vervoer- en lewenskoste dek nie. Nanso…
Die IPC se skadu-omgewingminister, Roderick Likando, het die omgewingministerie versoek om sy intervensie in die Zambezi-streek te versterk nadat leeus tussen Junie en Augustus 70 beeste doodgemaak het. Likando sê dat toenemende veeverliese in brandpunte soos die Linyanti- en Judea Lyaboloma-kiesafdelings landelike lewensbestaan bedreig. Hy vra dat die ministerie vinnige…
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê hy het ʼn positiewe en produktiewe vergadering met president Donald Trump gehad en albei lande wil hê die oorlog van vier jaar teen Rusland moet beëindig word. Die leiers het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesprek gevoer. Hulle het…
Die departement veeartsenykundige dienste het alle veebewegings rondom Keetmanshoop gestaak, met gerugte van 'n vermoedelike bek-en-klouseer uitbreking in die Suide wat die rondte doen. Die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, het bevestig dat 'n amptelike ondersoek tans aan die gang is. Pretorius raai produsente aan om waaksaam te…
Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die massaskietery in KwaMakhutha naby Durban kan verband hou met gevegte oor dwelmgebiede en onwettige vuurwapens. Die polisie soek na verdagtes nadat 11 mense, insluitend 'n swanger vrou, in die Ziko-gebied doodgeskiet en nog drie gewond is. Ntuli sê berigte uit die gemeenskap…
Die One Economy Foundation waarsku die publiek nadat 'n bedrieër voorgegee het dat hy voorsitter Monica Geingos was om 'n skenkerbetaling wat bedoel was vir hul Oktober-galadinee te onderskep. Die stigting bevestig dat 'n skenker fondse in 'n bedrieglike bankrekening inbetaal het nadat hy 'n vals faktuur van 'n private…
Amerikaanse President Donald Trump sê hy staan voor 'n groot besluit oor Iran: 'n ooreenkoms of algehele vernietiging. Hy het gister die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies toegespreek, waar hy sy dank uitgespreek het teenoor die VN-Veiligheidsraad vir sy eenparige steun vir die VSA se 20-punt-vredesplan vir Gaza, en…
Die GOOD-party sê narratiewe van vervolging van witmense kan rasseverdeling verdiep en populistiese politieke partye versterk. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê sulke retoriek ondermyn Suid-Afrika se ná-apartheidooreenkoms en sy verbintenis om rassisme te verwerp. Hy het bygevoeg minderheidsgroepe moet nie geteiken word nie, aangesien Suid-Afrika se demokratiese oorgang…
Die sportministerie sê die ontwikkeling en rehabilitasie van sport-fasiliteite in al 14 streke word gelei deur die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan. Die ministerie waarsku egter dat die projekte deur begrotingsbeperkings gekniehalter word. Ministerie-woordvoerder, Aina Shikesho sê besluite oor infrastruktuurbesteding is gebaseer is op streke se bevolkingsgroottes, voortgesette projekverbintenisse en die kapasiteit…
Die oproep om dringende hervorming van Namibië se insolvensiewette wat vele klein ondernemings jaarliks sluit, word gesteun deur Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete. Meyer stem saam met eerste minister Elijah Ngurare dat vertragings met die hervorming van wetgewing wat bykans 'n eeu oud is, klein ondernemings onder toenemende druk…
Die parlement bevraagteken die regering se plan om Namcol in 'n volwaardige ope-universiteit te omskep. Rosa Mbinge-Tjeundo, 'n parlementslid van die PDM, het kommer uitgespreek oor die wetlike, finansiële en institusionele raamwerk wat nodig is om hierdie oorgang te ondersteun. Sy het vrae gevra oor onder andere maatreëls om te…
Swakara-telers ervaar 'n tekort aan produksiediere, aangesien die internasionale vraag na Swakara-pels hoog bly. Die voorsitter van die Swakara-raad, Julene Meyer, sê die bedryf werk aan verskeie inisiatiewe om die nasionale kudde te vergroot, insluitend finansiering vir telers om diere vir genetiese verbetering aan te skaf. Die Swakara-raad het vanjaar…
Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal na verwagting op 29 September weer in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Die senior polisie-offisier word daarvan beskuldig dat hy 'n 18-jarige vrou verkrag het en 'n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak het. Kaizer Kganyago van die Nasionale…
’n Dringende aansoek is by die hoërhof ingedien na aanleiding van ’n eskalerende kommersiële geskil oor ’n kleinhandelontwikkeling in Omuthiya wat tot stilstand gekom het. Die aansoekers, William De’Ath, Sven Patzner en Fortitude Group Holdings, vra vir ’n tussentydse interdik teen Ha-Na-He Farming and Trading van oud-minister Pendukeni Iivula-Ithana, sy…
Build One South Africa het gereageer op die DA se jongste behuisingsbelofte vir Kaapstad en dit as "te min, te laat" bestempel. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het gister in die aanloop tot die plaaslike verkiesing, ’n nuwe plan vir bekostigbare behuising bekendgestel. Roger Solomons van BOSA sê egter die syfers…
Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid waarsku dat kwalifikasies behoorlik geakkrediteer en geverifieer moet word om die integriteit van die arbeidsmag te beskerm. Tydens 'n vergadering met belanghebbendes het Joseph Amunyela, die uitvoerende hoof vir kwalifikasies, gesê dat kwalifikasies waarvan die gehalte gewaarborg is, noodsaaklik is.
Die Bafana Bafana-afrigter Pitso Mosimane sê die span kan by die Springbokke leer, wat sterk mededingend bly ongeag wie hulle teenstanders is. Mosimane sê die druk om plekke in die span kan die beste in spelers na vore bring en selfvoldaanheid voorkom. Bafana is besig met voorbereiding vir die 2027-Afrikabekertoernooi-kwalifiseringswedstryde…
23 Sep 3AM
1 min
520 – 540
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.