Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
500 – 520

ActionSA se jeugvleuel sal afskaffing van NSFAS verwelkom

ActionSA se studente-afdeling het die oproep deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, verwelkom om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente te skrap en studentefinansiering regstreeks na hoëronderwysinstellings te herlei. Die hoof van ActionSA se studente-afdeling, Thabo Malosi, sê studente regoor Suid-Afrika het jare lank onder die gevolge van wanbestuur,…
16 Nov 2AM 1 min

Eskom se dieseluitgawes bly onder begroting

Eskom sê dieseluitgawes vir die jaar tot dusver bly deurgaans onder die begroting. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dieseluitgawes vir die afgelope week was slegs 4,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand, vergeleke met 287,64 miljoen rand gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Dit onderstreep die finansiële en operasionele voordele van Eskom se ommekeer. Sy…
16 Nov 2AM 1 min

S&P opgradering verwelkom, maar pad is nog lank

Die ekonoom van die Noordwes-Universiteit, professor Raymond Parsons, sê die besluit deur die globale agentskap S&P om Suid-Afrika se kredietgradering vir die eerste keer in byna twee dekades op te gradeer, is welkome nuus vir die ekonomie. Parsons sê egter daar wag nog 'n lang pad:
16 Nov 12AM 1 min

ECN ondersoek bewerings van ongerymdhede

Berigte duik op dat die aanstelling van stembeamptes wat vir die 2025-verkiesings nie ingevolge die wet gedoen is nie. Volgens die Verkiesingskommissie het individue opgedaag wat nie op die kortlys was nie. Daar is ook berigte dat staatsamptenare as stembeamptes aangestel word. De Wet Siluka, die kommmissie se woordvoerder, sê…
15 Nov 10PM 1 min

GOOD vra regulering van aanlyndobbelary

Die GOOD-party vra die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om toesig oor en regulering van die aanlyn dobbelbedryf te verhoog. Die party sê volgens die jongste jaarverslag van die Nasionale Dobbelraad is die waarde van die dobbelbedryf 'n reuse 75 miljard Suid-Afrikaanse rand in die 2024/2025-boekjaar. Sarah Mabotsa sê…
15 Nov 10PM 1 min

DA verwelkom opgradering van SA deur S&P

Die DA het die opgradering van Suid-Afrika se kredietgradering deur S&P vir die eerste keer sedert Augustus 2005 verwelkom. Jan de Villiers van die DA sê die BB-gradering is 'n duidelike teken van 'n positiewe vooruitsig, wat verdere bevestiging is dat Suid-Afrika, onder die regering van nasionale eenheid, nuwe fiskale…
15 Nov 5AM 1 min

Ohangwena sit op onbenutte goud - goewerneur

Ohangwena se goewerneur, Kadiva Hamutumwa, sê die streek sit op onbenutte ekonomiese goud. Sy dring aan op 'n nasionale poging om nuwe nywerhede te ontsluit, klein besighede te bevorder en inwoners te bemagtig. Met 'n nuwe beleggingskaart wat opgestel word om toekomstige beleggers te lei, sê Hamutumwa dis tyd vir…
15 Nov 5AM 1 min

SAFTU verwelkom takeling van boumafia

Die vakbondfederasie, SAFTU het die beduidende vordering verwelkom wat die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur gemaak het om die boumafia vas te vat. Minister Dean Macpherson het vroeër aangekondig dat sedert die regering se gekoördineerde reaksie in November 2024 begin het, daar 770 aangemelde gevalle van bouverwante afpersing en…
15 Nov 5AM 1 min

Gelukkige verjaardag, Monica Geingos!

Vandag vier die voormalige eerste dame van Namibië, Monica Geingos, haar verjaardag. Geingos, 'n toonaangewende voorstander vir jeugbemagtiging, geslagsgelykheid en finansiële insluiting, is onlangs ingehuldig as die stigterskanselier van Kepler College in Kigali, Rwanda. Sy sit steeds haar werk voort deur die One Economy Foundation en inisiatiewe wat pan-Afrikaanse leierskap…
15 Nov 2AM 1 min

Omgewingsboete onregverdig vir inwoners, sê AfriForum

AfriForum sê inwoners van eMalahleni mag nie gedwing word om te betaal vir omgewingsmisdade wat deur munisipale amptenare gepleeg is nie. Die Hooggeregshof in Mpumalanga het die munisipaliteit onlangs met 650-miljoen-rand beboet vir die storting van rou riool in die Olifantsrivier tussen 2019 en 2025. Marais de Vaal van AfriForum…
15 Nov 1AM 1 min

ANC staan bankvas agter Palestyne in SA

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die regering het swak gekommunikeer oor die 153 Palestynse asielsoekers. Hy het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering gepraat en gesê veral die departement van binnelandse sake onder leiding van die DA se minister, Leon Schreiber, het versuim om burgers doeltreffend in…
15 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Sorg dat jou voertuig geregistreer is!

Windhoek se stadspolisie het Vrydagaand tydens Copps 94.1 beslag op ‘n ongeregistreerde voertuig gelê ná hulle ondersoek ingestel het na ‘n gefuif in ‘n parkeerarea. Kosmos 94.1 se Darren Smith was op die toneel en het met hoofinspekteur Katrina Naukushu van gemeenskapspolisiëring in die Khomasstreek gepraat:
14 Nov 11PM 1 min

Unam kry unieke dubbel-akkreditasie

Die Universiteit van Namibië het die eerste hoëronderwysinstelling in die land geword wat volle, gesamentlike akkreditasie van beide die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys ontvang het. Na 'n streng nasionale hersiening bevestig hierdie mylpaal dat alle Unam-kampusse en nagraadse programme aan die hoogste nasionale en internasionale…
14 Nov 10AM 1 min

Sadou kap Trump, Rubio oor vals Afrikaner-bewerings

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê hy veroordeel wat hy noem die vals en opruiende bewerings van Amerika se president, Donald Trump, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio. Volgens berigte sê Trump en Rubio Afrikaners is slagoffers van volksmoord en hul grond en plase word onwettig afgeneem. Sadou se woordvoerder,…
14 Nov 10AM 1 min

Namibia Air 'nodig, moet reg aangepak word'

Reaksie word ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se aankondiging dat die kabinet die naam vir die land se nuwe nasionale lugredery goedgekeur het. Dit sal as Namibia Air funksioneer en sal na verwagting in die volgende boekjaar vorm aanneem. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n voormalige Air Namibia-vlieënier Vijay Jha…
14 Nov 9AM 1 min

Kahnrivier vloei, Karibib-Usakos ompad onveilig

Swaar reën en oorstromings het konstruksiewerk aan die T0701-ompad tussen Karibib en Usakos ontwrig, met die pad wat oorstroom is. Die Kahn-rivier vloei ook sterk. Die padowerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ompad nou onveilig is, en motoriste sal oor 'n hoofpadbrug naby…
14 Nov 9AM 1 min

Justisieminister trek aansoek oor landdros-staking terug

Justisie- en arbeidminister Wise Immanuel het besluit om nie voort te gaan met 'n dringende hofaansoek om 'n sloerstaking deur landdroste te probeer stopsit nie. Tydens die verrigtinge het prokureurs vir die landdroste hofverslae aangebied wat toon dat ontwrigtings in bedrywighede grootliks veroorsaak is deur tegniese probleme eerder as industriële…
14 Nov 9AM 1 min

Regering moet dobbelinkomste-planne los, dit sal skade aanrig

Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu waarsku dat Namibië se pogings om die dobbelbedryf uit te brei meer skade as goed kan doen. Dobbelinkomste het van net meer as 9 miljoen Namibiese dollar in 2022/23 tot 32 miljoen dollar verlede jaar gestyg. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê dat…
14 Nov 9AM 1 min
500 – 520