Namibiërs moet hulle gereed maak vir hoër rentekoerse en brandstofkoste, met die Bank van Namibië wat na verwagting Suid-Afrika se onlangse rentekoersverhoging van 25 basispunte sal volg. Ekonoom, Robin Sherbourne waarsku hoewel prysverhogings op voedsel en kunsmis nog nie ten volle ingeslaan het nie, voortdurende spanning in die Midde-Ooste plaaslike…
Die uitbreking van bek-en-klouseer is ‘n klad op die land se naam omdat daar altyd beaam is dat die laaste uitbreking in 1961 was. So sê landboukenner Wallie Roux. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar is vrae oor veeartseny.
Die Suid Afrikaanse organisasie, Activists and Citizens Forum, sê aanklagte van aanranding, seksuele gereedmaking en verkragting teen die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is uiters ernstig. Woordvoerder Dennis Bloem sê howe moet geen genade betoon aan mense wat van verkragting beskuldig word nie. Bloem moedig ondersoekers aan om te sorg…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah fokus tydens haar hoë-vlak-VN-besoek op die versterking van Afrika se toegang tot gesondheidsorg. Sy beoog ook om die bevordering van digitale transformasie te verbeter en om meer ekonomiese geleenthede vir die vasteland se jongmense te skep. Tydens bilaterale gesprekke met die Spaanse premier Pedro Sánchez het sy…
Die Amerikaanse regter Timothy Kelly het die Trump-administrasie beveel om CNN, MS NBC en Politico se toegang tot die Withuis onmiddellik te herstel, nadat hulle deur president Donald Trump van die perseel verban is. Kelly het bevind dat die Trump-verbod op die mediahuise se verslaggewers onwettig is. In reaksie het…
Die hoofekonoom van KPMG, Frank Blackmore, sê die daling in kerninflasie tot 4,1-persent in Augustus is 'n positiewe teken, nadat kerninflasie die afgelope maande toegeneem het. Blackmore sê egter die hoër olie- en brandstofpryse veroorsaak opwaartse druk op vervoerkoste, wat bydra tot algehele inflasie. Hy sê behuising en nutsdienste is…
Die Suid Afrikaanse Nasionale Seereddingsinstituut vier bykans 60 jaar van lewensredding op Suid-Afrika se waters, met vieringe wat saamval met Erfenisdag en Wêreldmaritieme-dag. Die NSRI is in 1967 gestig na 17 vissermanne in 1966 naby Stilbaai dood is, wat daartoe gelei het dat Patti Price, 'n onderwyseres van Simonstad, haar…
Die voorsitter van die Gobabis skou-komitee, Danie Opperman, sê organiseerders gaan vandag boere help om alle diere vanaf die skougronde terug na hul verskeie plase te vervoer. Dit, ná die ministerie van landbou se aankondiging dat die verkoop en vervoer van alle gesplete-hoef diere summier landswyd opgeskort is, weens die…
Die DA sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 15 maande nadat die probleem die eerste keer uitgewys is, nog nie sy misdaadsyfers oor vroue en kinders reggestel nie. Die polisie het op 'n vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie bevestig die probleem is nog nie opgelos nie. Die DA-lid,…
Die uitbreking van bek-en-klouseer in die land, die eerste sedert 1961, oorheers die plaaslike nuus-toneel. Die bekende veearts, dr. Theuns Laubscher hy sy stem tot die gesprek toe-ge-voeg en het ‘n ernstige waarskuwing vir boere.
Hoofafrigter van DebMarine Desert Jewels, Julene Meyer, sê hoewel sy nie gelukkig is met die skeidsregters is nie, is sy steeds trots op die span se prestasie teen Suid Afrika. Die span het Woensdag een van hul uitspeel-wedstryde, vir die 2027 Wêreledbeker kwalifiserende rondtes, teen Suid Afrika se nasionale span…
Die Windhoek-stadspolisie het die verwydering van straatverkopers by die kruising van Kuaima Riruako- en Hendrik Witbooi-straat in Dorado Valley verdedig. Dit, na 'n video op sosiale media versprei is... wat 'n woordewisseling tussen beamptes en handelaars wys. Woordvoerder superintendent Marcelline Murapo bevestig die operasie is uitgevoer omdat die verkopers sonder…
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25-persent verhoog, weens hoër brandstofpryse en toenemende inflasierisiko's. Die besluit was eenparig en het die uitleenkoers tot 10,75-persent laat styg. Die president van die bank, Lesetja Kganyago het aan die media gesê inflasie sal na verwagting later vanjaar en vroeg…
Die Namibiese Landbou-unie sê hy sal, weens die ernstige negatiewe impak wat bek-en-klouseer vir die landbou-sektor inhou, die regering vra om dringend ‘n ramp-toestand aan te kondig. NLU-president, Thinus Pretorius, pleit by boere om die opskorting van handel en die vervoer van diere, wat deur die Landbou-ministerie aangekondig is, te…
Iranse President Masoud Pezeshkian sê die land sal nooit die knie buig ná byna sewe maande van oorlog met die VSA en Israel nie, maar is gereed vir 'n diplomatieke oplossing vir die konflik. Hy het by die VN se Algemene Vergadering gepraat, na Amerikaanse president Donald Trump gedreig het…
Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die aankondiging deur landbouminister Willie Aucamp, dat kwalifiserende plaaslike en internasionale entiteite entstof teen bek-en-klouseer op groot skaal mag vervaardig deur voorwaardelike lisensie-ooreenkomste met die Landbounavorsingsraad. Die raad se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê die entstof is uiters geskik vir Suid-Afrikaanse virusstamme en kan immuniteit…
Die Ministerie van Landbou Namibië sê die verkoop, beweging en vervoer van alle gesplete-hoef diere is summier, landswyd opgeskort, ná hy die uitbreking van bek-en-klouseer bevestig het. Die hoogs-aansteeklike siekte is op ‘n plaas in die Karas-streek nagespoor. Laboratorium-toetse het bevestig dat 10 van die 11 monsters wat by ‘n…
Die Britse eerste minister, Andy Burnham, beskuldig Rusland van inligting-oorlogvoering en pogings om tydens sy land se verkiesing in 2019 in te meng. Hy het in sy eerste groot internasionale toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, uitgevaar oor Rusland se vermeende pogings om leuens en…
23 Sep 11AM
1 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.