Daar is kommer oor die Body of Christ-party na die president, Tomas Festus, sy vrou as 'n ondertekenaar van die party se bankrekening aangestel het. Die party het een setel in die parlement. Die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah sê daar is ‘n groter probleem – politiek as ‘n werksgeleentheid.
President Donald Trump van Amerika het ʼn beroep op Republikeine in die Huis van Verteenwoordigers gedoen om te stem dat die Jeffrey Epstein-lêers bekendgemaak word. Sy ommekeer word daaraan toegeskryf dat talle Republikeine aangedui het hulle is bereid om hierdie week weg te breek wanneer die Huis oor die Epstein…
AfriForum het die G20-lande gevra om te versoek dat eiendomsregte in Suid-Afrika gerespekteer word en doeltreffende stappe gedoen word om plaasmoorde te bekamp. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê plaasmoorde en die minagting van eiendomsregte in Suid-Afrika het reeds 'n regstreekse negatiewe uitwerking op die komende G20-beraad gehad, met…
Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, het die Race to Dubai-titel die vierde agtereenvolgende jaar en die sewende keer in sy loopbaan gewen. Die Noord-Ier was naaswenner in die seisoen se laaste DP World Tour-kampioenskap in Dubai, wat Matt Fitzpatrick van Engeland in ʼn uitspeelronde gewen het. Die Switser, Ludvig Åberg,…
Dit was twee dae se uitmergelende Shell V Power M+Z Motors-tydren en dit was ook die sesde en laaste weergawe vir die jaar. Alles het vlot verloop op Swakopmund en Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die uitslae.
Die Namibiese afvaardiging by COP30 spreek tans uitdagings rakende klimaatsverandering in die land aan. Gesprekke is gevoer met die uitvoerende direkteur van die Fonds vir die Reaksie op Verlies en Skade Ibrahim Cheikh Diong, op die kantlyn van die beraad. Die woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds, Romeo Muyunda sê indringerbos en…
Sviatlana Tsikhanouskaya, die opposisieleier van Belarus, sê die Weste doen nie genoeg om opposisie in Belarus te ondersteun nie. Sy is na die presidensiële verkiesing van 2020 in Belarus in ballingskap gedwing, en Litaue het haar as die wettige staatshoof erken. Sy sê ‘n tekort aan sanksies word deur diktators…
Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand tydens onlangse landwye arrestasies. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê oor die afgelope twee weke het multidissiplinêre polisiespanne lasbriewe vir deursoeking en beslaglegging bedien op winkels en bergingsfasiliteite…
Dis weer tyd vir die 2025 Desert Ultra, aangebied deur Beyond the Ultimate. Dit vind in rondom Brandberg en Uis plaas en begin vandag in vyf fases wat 250 kilometer dek. Deelnemers moet selfversorgend wees en kry net waterbystand elke 10 kilometer. Alles wat hulle nodig het, insluitend slaapsakke, moet…
Die 26ste Kreatiewe Jaarlikse Simposium het afgesluit en was 'n belangrike stap om die kreatiewe ekonomie as 'n dryfveer van inklusiewe en volhoubare groei te benut. Besprekings het die behoefte beklemtoon om data-gapings in bewysgebaseerde beleid te sluit, toegang tot finansiering te versterk, kreatiewe vaardighede in onderwys te integreer en…
Bedrywighede by die Hardap-skema vertoon goed met die koringoes wat tans ingebring word. Die produsente is gelukkig en berei ook voor vir die komende plantseisoen. Dawie De Klerk, die voorsitter van die Hardap Boerevereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Reaksie word ontvang op die bekendstelling van ‘n Robbe-subsektor Tegniese Komitee. Dit het ten doel om 'n winsgewende, etiese en volhoubare robwaardeketting te bevorder. Hierdie inisiatief is ontwerp om werksgeleenthede te skep, innovasie aan te moedig en die bestuur van die land se mariene hulpbronne te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus…
Die wêreld-nommer-twee Jannik Sinner het sy naaste teenstander, Carlos Alcaraz, geklop en sy titel in die ATP-jaareindtoernooi behou. Die 24-jarige Italianer het die titel gewen sonder om een stel in die toernooi af te staan, en die eindstryd met 7-6, 7-5 te buit. Hy het sy binnenshuise wenstreep tot 31…
Die voorsitter van die ANC se nasionale uitvoerende komitee vir ekonomiese transformasie, Zuko Godlimpi, sê die DA se beswaar teen swartbemagtiging is gebaseer op vals inligting. Godlimpi het tydens die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee in Ekurhuleni gepraat. Hy het reageer op onlangse druk deur die DA om swart…
Die stedelike en landelike ontwikkelingministerie het 58 huise van die Massabehuisingsontwikkelingsprogram in Otjomuise Uitbreiding 10, wat begin maar nog nie voltooi is nie, aan die streeksraad oorgedra. Dit stem ooreen met regeringspogings om behuisingsuitdagings aan te spreek en lewensomstandighede te verbeter deur belegging in massabehuisingsprojekte. Lynminister James Sankwasa se adviseur,…
Gift of the Givers eis dat die Presidensie en regeringsagentskappe ondersoek instel na die rol van Israel en lugrederye in wat vermoedelik mensehandel kan wees. Die woordvoerder Sarah Oosthuizen sê die omstandighede rondom die 153 Palestyne wat hierdie week by die OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom het, wek ernstige kommer…
Die 2025 Desert Ultra begein môre by Spitskoppe en duur tot Vrydag waar dit by die Save the Rhino-trust eindig. Dit is ‘n uitmergelende 250 kilometer marathon oor vyf dae en atlete is self-onderhoudend en kry net elke 10 kilometer waterbystand. Daar is vyf Namibiese atlete wat deelneem waaronder Naude…
Die Nasionale Vergadering is in reses tot Februarie 2026. Dit is sodat parlementslede na hul verskillende kiesafdelings kan reis vir die komende streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die Nasionale Vergadering se woordvoerder.
Die Nasionale Vergadering is in reses tot Februarie 2026. Dit is sodat parlementslede na hul verskillende kiesafdelings kan reis vir die komende streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die Nasionale Vergadering se woordvoerder.
Namibië verskerp sy veldtog vir die top-pos by Interpol, met NamPol se generaal-majoor Anne-Marie Nainda wat vir die presidentskap staan terwyl die wêreldwye polisieliggaam voorberei om oor net twee weke nuwe leierskap te verkies. Nainda, tans Afrika se afgevaardigde op Interpol se uitvoerende komitee, het meer as 30 jaar se…
16 Nov 2AM
1 min
480 – 500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.