Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
460 – 480

Duitse ruimtevaarder van 1 tot 10 Oktober in Namibië

Die Duitse ruimtevaarder Matthias Maurer sal Namibië van 1 tot 10 Oktober besoek om deel te neem aan Wêreldruimteweek, wat meer as 8 000 plaaslike leerders reg oor die land sal betrek. Die Europese Ruimteagentskap-ruimtevaarder, wat tans voorberei vir NASA se 2028 Artemis-maanmissie, sê Namibië se droë terrein bied 'n…
25 Sep 5AM 1 min

Savanna Beef: BKS-inperkings bring produksie en uitvoere tot stilstand

Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard, sê die beperkings op die beweging van vee weens bek-en-klouseer het beesvleisproduksie en -uitvoere tot 'n totale stilstand gebring. Hy vergelyk die impak met die Covid-19-pandemie. Met die beweging van alle diere met gesplete hoewe wat stopgesit is, bevestig Collard dat Savanna…
25 Sep 5AM 1 min

Trump sê Amerika en China kan voortgaan om 'n verhouding te bou

President Donald Trump sê Amerika en China kan voortgaan om 'n verhouding te bou wat voorspoed en veiligheid vir toekomstige geslagte sal bevorder. Hy het 'n staatsdinee vir die Chinese president Xi Jinping gehou en dit was sy eerste besoek aan die Withuis in meer as 'n dekade. Die besoek…
25 Sep 4AM 1 min

DA-leier sê Johannesburg kort net die regte regering

Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê Johannesburg het nie ʼn gebrek aan potensiaal nie, maar kort ʼn regering wat daardie potensiaal kan verwesenlik. Hy het gister ondersteuners in die metro toegespreek as deel van die party se veldtog in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Helen Zille is die DA se…
25 Sep 4AM 1 min

Ramaphosa: "Suid-Afrikaners, waak teen kragte wat eenheid ondermyn"

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners gevra om te waak teen kragte wat die nasionale eenheid ondermyn. Hy het gister die hoofrede gelewer tydens die nasionale viering van Erfenisdag by die Bongolethu-sportstadion in Oudtshoorn, Wes-Kaap. Ramaphosa het gesê apartheid was in die verlede die land se gemeenskaplike vyand, terwyl die vyand…
25 Sep 3AM 1 min

Regering besig om onbetaalde verlofbetalings aan streekraadslede te finaliseer

Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering is besig om onbetaalde verlofbetalings wat aan voormalige en huidige streekraadslede verskuldig is, op te los. Hy beklemtoon dat die kwessie administratief en nie polities is nie. In antwoord op vrae van IPC-LP Alosius Kangulu in die parlement, het Ngurare bevestig dat verifikasieprosesse…
25 Sep 3AM 1 min

Netanyahu sê om Iran te teiken was een van sy maklikste besluite

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê "ons sou almal dood gewees het" as Israel en Amerika nie Iran aangeval en sy kernfasiliteite vernietig het nie. Tientalle afgevaardigdes het gister uit die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gestap toe hy opstaan om sy toespraak te lewer. Netanyahu sê een van…
25 Sep 3AM 1 min

IPC vra regering om Dordabis-plaasuitsetting stop te sit

10:00 – Laai nuus Die IPC-skaduminister van grondhervorming, Michael Mulunga, doen 'n beroep op die regering om die uitsetting van 40 grondlose gesinne en 500 stuks vee van Plaas Christerine naby Dordabis te staak. Die gesinne het die plaas beset na jare se afgekeurde hervestigings-aansoeke, maar het op 10 September…
25 Sep 3AM 1 min

Nuwe AfriForum-plan kan help met plaasmoorde en landelike veiligheid

AfriForum sê gegewe die toenemende geskil tussen Suid-Afrika en die VSA, wil hy ’n aktiewe rol speel om praktiese voorstelle te maak vir die hantering van plaasmoorde en landelike veiligheid. Die organisasie het ’n openbare-gemeenskapsvennootskap voorgestel wat daarop gemik is om veiliger omstandighede in die land te skep, sodat mense…
25 Sep 2AM 1 min

Rugby: Vermeulen sê die Bokke neem nie toets teen Australië ligtelik op nie

Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het bewerings verwerp dat afrigter Rassie Erasmus se 13 veranderinge aan die beginspan vir die eenmalige toets teen die Wallabies 'n gebrek aan respek is. Suid-Afrika pak Sondag die toets in Perth aan ná 'n veeleisende reeks van vier wedstryde teen die All Blacks. Australië…
25 Sep 1AM 1 min

ANC kritiseer Masemola omdat hy versuim het om op te tree teen Mchunu

Die ANC het die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fanie Masemola, beskuldig dat hy sy grondwetlike plig versuim het deur nie op te tree teen die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se opdrag om by misdaadintelligensie-aanstellings in te meng nie. Dit is 'n voorlegging deur die party terwyl die ad hoc-komitee wat bewerings…
25 Sep 1AM 1 min

Benjamin tevrede met Brave Warriors-vertoning teen Kongo

Die Brave Warriors hoofafrigter, Collin Benjamin, sê hy is tevrede met sy span se vertoning in hul wedstryd teen Kongo in hul Afrikabeker-toernooi kwalifiserende wedstryd. Namibië het die wedstryd met 1-0 gewen. Benjamin sê die span se bal- en wedstryd-beheer was uiters goed:
25 Sep 1AM 1 min

Pius Dunaiski: Namibië loop risiko om 'n konferensie-staat te word

Politieke ontleder Pius Dunaiski waarsku dat Namibië die risiko loop om 'n konferensie-staat te word waarin hoëprofiel-beraadslagings in die plek van tasbare ekonomiese vooruitgang kom. Dunaiski sê dat slypskole en verklarings nie fabrieke bou of werkgeleenthede skep nie. Hy doen 'n beroep op die regering om plaaslike eienaarskap, waardetoevoeging en…
25 Sep 1AM 1 min

ActionSA verdedig sy plaaslikeregeringsverkiesing-kandidaatlys

ActionSA het die party se besluit verdedig om slegs een kandidaat op elke proporsionele verteenwoordigingslys in te dien vir die munisipaliteite waar hy aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem. Dit volg nadat die DA 'n regsgeding by die Verkiesingshof aanhangig gemaak het teen ActionSA, die EFF, die MK-party en die GOOD-party, waarin…
25 Sep 12AM 1 min

NLU: Rolspelers vergader vir BKS-reaksie-planne

Die Namibiese Landbou-unie sê daar is gister ‘n dringende vergadering met verskeie rolspelers by die Staathuis gehou om die volgende stappe in die land se bek-en-klouseer-reaksie te bepaal. Die hoogs-aansteeklike siekte is op ‘n plaas in die Karas-streek nagespoor, met ‘n daelike verbod op die verkoop, slag, en vervoer van…
25 Sep 12AM 1 min

China ondersteun ‌VSA en Iran se besluit om oorlog te beëindig

Internasionaal en Chinese president Xi Jinping het tydens sy ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump gesê ‌China ondersteun ‌dat die VSA en Iran terugkeer na die Junie-memorandum van verstandhouding, om die oorlog te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen. Hy het ook gesê Beijing hoop die Verenigde State…
24 Sep 11PM 1 min

BetterBond sê rentekoersverhoging sal verbandpaaiemente verhoog

Oor na Suid-Afrika, en BetterBond sê die rentekoersverhoging van 25 basispunte sal maandelikse verbandpaaiemente verhoog en meer druk op huiseienaars plaas. Die prima-uitleenkoers het nou tot 10,75-persent gestyg. Die uitvoerende hoof, Stephan Potgieter, sê die veerkragtige rand en dalende inflasie kan help om ruimte te skep vir toekomstige rentekoersverlagings:
24 Sep 11PM 1 min
460 – 480