ActionSA verdedig sy plaaslikeregeringsverkiesing-kandidaatlys

Loading player...
ActionSA het die party se besluit verdedig om slegs een kandidaat op elke proporsionele verteenwoordigingslys in te dien vir die munisipaliteite waar hy aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem. Dit volg nadat die DA 'n regsgeding by die Verkiesingshof aanhangig gemaak het teen ActionSA, die EFF, die MK-party en die GOOD-party, waarin hulle beskuldig word dat hulle doelbewus kandidate vir kiesers wegsteek. Michael Beaumont van ActionSA sê die DA hy probeer die howe vir sy eie agenda gebruik:
25 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NERSA registreer 144 hernubare energie-opwekkingsaanlegte

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tydens die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar 144 aanlegte geregistreer vir die opwekking van hernubare energie. Die son- en windkragaanlegte het 'n gesamentlike totale vermoë van drie-duisend-129 megawatt, met 'n geraamde beleggingswaarde van 78,16-miljard-rand. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die aansoeke is binne…
6 Nov 4AM 1 min

Jeugorganisasie eis groter inspraak van outistiese mense in beleidmaking

Na visepresident Lucia Witbooi se oproep om stigma te beëindig tydens die Wêreld Outisme-organisasie se Kongres in Windhoek, sê die Namibiese Organisasie van Jeug met Gestremdhede dat die deelname van outistiese mense aan nasionale beleidmaking onvoldoende is of nie bestaan nie. Die organisasie se woordvoerder, Otto Gottlieb, sê dat ware…
6 Nov 4AM 1 min

Finale been van Nasionale Enduro-kampioenskap môre

Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap vind môre by die Gallina-baan, noord van Windhoek, plaas. Sowat 40 ryers sal in agt klasse meeding. Enduro gaan nie bloot oor spoed nie, maar oor die vaardigheid om 'n motorfiets deur uitdagende en moeilike terrein te stuur. Kosmos 94.1 Nuus se Francois…
6 Nov 4AM 1 min

SA NATJOINTS sê 21 polities gemotiveerde moorde is in verkiesingstyd aangemeld

Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê 21 moordsake wat met politieke motiewe verband hou, is tydens die verkiesingstydperk geregistreer. Dit sluit in die moord op ʼn MK-partylid in KwaZulu-Natal, ʼn ANC-raadslid in die Oos-Kaap en ʼn EFF-lid in Polokwane, Limpopo. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê 85…
6 Nov 4AM 1 min

Haufiku: Lugambulans is net ’n tydelike oplossing vir gesondheidsuitdagings

Voormalige gesondheidminister Bernard Haufiku sê die nuwe staats-lugambulans is 'n tydelike oplossing wat nie gewone ambulanse kan vervang of medisynetekorte kan oplos nie. Hy sê dat langtermyn-gesondheidsdienslewering daarvan afhang dat distrikshospitale toegerus word met die nodige hulpmiddels en spesialiste om pasiënte plaaslik te behandel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus…
6 Nov 3AM 1 min