
SA NATJOINTS sê 21 polities gemotiveerde moorde is in verkiesingstyd aangemeld
Loading player...
Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê 21 moordsake wat met politieke motiewe verband hou, is tydens die verkiesingstydperk geregistreer. Dit sluit in die moord op ʼn MK-partylid in KwaZulu-Natal, ʼn ANC-raadslid in die Oos-Kaap en ʼn EFF-lid in Polokwane, Limpopo. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê 85 voorvalle is op stemdag aangemeld, waarna 57 dossiere geopen en 27 mense gearresteer is:

