
Oliepryse styg te midde van spanning tussen VSA en Iran
Loading player...
Oliepryse het weer gestyg te midde van hernude spanning tussen die Verenigde State en Iran, wat kommer oor moontlike militêre eskalasie in die Midde-Ooste laat ontstaan. Brent-ruolie het vanoggend tot sowat 99 dollar per vat gestyg, nadat dit ná die Amerikaanse middeltermynverkiesing tot ongeveer 95 dollar gedaal het. Ekonoom Dawie Roodt meen die styging behoort nie noodwendig op lang termyn kommer te wek nie. Hy verwag dat oliepryse weer kan daal, namate die nuutverkose Demokrate in Januarie hul plekke in die Kongres inneem.

