Finale been van Nasionale Enduro-kampioenskap môre

Loading player...
Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap vind môre by die Gallina-baan, noord van Windhoek, plaas. Sowat 40 ryers sal in agt klasse meeding. Enduro gaan nie bloot oor spoed nie, maar oor die vaardigheid om 'n motorfiets deur uitdagende en moeilike terrein te stuur. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het meer.
6 Nov 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Windhoek-taxibestuurders eis optrede teen onwettige operateurs

Taxibestuurders in Windhoek doen 'n beroep op wetstoepassers om op te tree teen onwettige taxi-operateurs wat passasiers by aangewese taxistaanplekke oplaai. Denis Taukondjele het met NBC News gepraat en sê dié praktyk benadeel geregistreerde bestuurders se inkomste en maak dit al moeiliker om 'n bestaan te maak.
6 Nov 5AM 1 min

Landbou-ministerie waarsku teen loslopende vee te midde van BKS-risiko

Die Ministerie van Landbou waarsku dat vee wat vrylik langs paaie rondloop, pogings om bek-en-klouseer te beheer, kan ondermyn. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê boere moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul vee, aangesien onbeheerde diere die opsporing van siektegevalle en die toepassing van beheermaatreëls bemoeilik. Hy beklemtoon dat boere…
6 Nov 5AM 1 min

Oliepryse styg te midde van spanning tussen VSA en Iran

Oliepryse het weer gestyg te midde van hernude spanning tussen die Verenigde State en Iran, wat kommer oor moontlike militêre eskalasie in die Midde-Ooste laat ontstaan. Brent-ruolie het vanoggend tot sowat 99 dollar per vat gestyg, nadat dit ná die Amerikaanse middeltermynverkiesing tot ongeveer 95 dollar gedaal het. Ekonoom Dawie…
6 Nov 5AM 1 min

NERSA registreer 144 hernubare energie-opwekkingsaanlegte

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tydens die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar 144 aanlegte geregistreer vir die opwekking van hernubare energie. Die son- en windkragaanlegte het 'n gesamentlike totale vermoë van drie-duisend-129 megawatt, met 'n geraamde beleggingswaarde van 78,16-miljard-rand. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die aansoeke is binne…
6 Nov 4AM 1 min

Jeugorganisasie eis groter inspraak van outistiese mense in beleidmaking

Na visepresident Lucia Witbooi se oproep om stigma te beëindig tydens die Wêreld Outisme-organisasie se Kongres in Windhoek, sê die Namibiese Organisasie van Jeug met Gestremdhede dat die deelname van outistiese mense aan nasionale beleidmaking onvoldoende is of nie bestaan nie. Die organisasie se woordvoerder, Otto Gottlieb, sê dat ware…
6 Nov 4AM 1 min