
NERSA registreer 144 hernubare energie-opwekkingsaanlegte
Loading player...
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tydens die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar 144 aanlegte geregistreer vir die opwekking van hernubare energie. Die son- en windkragaanlegte het 'n gesamentlike totale vermoë van drie-duisend-129 megawatt, met 'n geraamde beleggingswaarde van 78,16-miljard-rand. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die aansoeke is binne gemiddeld nege werksdae verwerk, met Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal wat die voortou neem wat die aantal registrasies van nuwe aanlegte betref:

