SANParke sê geriewe by die Krugerwildtuin in Limpopo is steeds werking ná 'n brand by die Letaba-ruskamp. Die brand het Vrydag twee toeriste-eenhede geraak, maar personeel en veldwagters het daarin geslaag om dit te beheer voordat dit kon versprei. JP Louw van SANParke sê die wildtuinwinkel, vulstasie, olifantmuseum en kampontvangs…
Die vakverbond Saftu vra president Cyril Ramaphosa om die voorkomende skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, op te hef. Die aanklagte teen Masemola oor die SAPD-tender aan Medicare24 is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging bevind het daar is geen redelike vooruitsig…
Die land staar stygings in brandstofpryse in die gesig namate 'n swakker plaaslike geldeenheid gekombineer word met verhoogde internasionale oliekoste, sê onafhanklike ekonoom Klaus Schade. Die Brent ru-olieprys het Vrydagaand rondom 104 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Die styging was weens onderbrekings in die voorsiening in die Straat van Hormuz…
Die president van die Namibië Landbou-unie, Thinus Pretorius, sê die status quo rakende die bek-en-klouseeruitbreking in die land word steeds gehandhaaf. Pretorius het 'n beroep op mense gedoen om nie hul ore vir ongeverifieerde stories uit te leen nie, maar paraat en gefokus te bly.
Standard Bank sê die Reserwebank se besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verhoog, kom op ʼn moeilike tyd vir boere wat reeds deurloop onder hoë brandstof-, kunsmis- en ander insetkoste. Die styging is daarop gemik om inflasie onder beheer te hou. Brendan Jacobs van Standard Bank sê voortslepende…
Maatskaplike aktivis Shaun Gariseb beskuldig die Stad Windhoek daarvan dat hulle koloniale era-verordeninge gebruik om straatverkopers te teiken, ten spyte van hul strategiese plan wat ondersteuning vir informele handelaars belowe. Gariseb sê amptenare hou aan om verkopers na plekke weg van voetverkeer te skuif, en bied tydelike in plaas van…
Unam se korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsvleuel, Unam Cares, het wêreldwye erkenning van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy innoverende "Een Gesondheid"-landbouvoedselprojek. Die internasionale toekenning vereer Unam se inisiatief om organiese afval in voedselproduksiesentrums te omskep, wat menslike, dierlike, plant- en omgewingsgesondheid in landelike gemeenskappe soos Dordabis, Gam en…
Swapo-parlementslid Hilma Iita het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien wat die dringende formalisering van informele nedersettings en die uitwissing van onveilige plakkershutte versoek. Iita het die parlement gevra om die apartheid-era Plakkersproklamasie AG 21 van 1985 te herroep en die Wet op Plaaslike Owerhede te wysig. Dit baan…
Die Grondlose Volksbeweging beskuldig die regerende Swapo en die speaker daarvan dat hulle parlementêre vertragingstaktieke gebruik om opposisie-toesig te blokkeer en kritieke wetgewing soos die Huurbeheer- en Grondwetsontwerpe te vertraag. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa beweer dat Swapo-agterbankers geoefende, triviale vrae aan ministers stel om tyd te vermors en die uitvoerende gesag…
Motorsport: Lando Norris van McLaren verwag nie om vandag die voorste wegspringplek in te palm in die Azerbeidjanse Grand Prix nie. Hy en sy spanmaat, Oscar Piastri, het in Donderdag se oefenrondes sowat 1,5-sekondes ná die pasaangeër, George Russell van Mercedes, geëindig. Norris, wat 106 punte agter die voorloper in…
Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het die burgemeester van New York-stad, Zohran Mamdani, skerp gekritiseer tydens 'n omstrede toespraak voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Benjamin Netanyahu vrydag jongste (let op greep) TERUG: In 'n verklaring ná die toespraak het Mamdani gesê dat Netanyahu, soos hy al telkens…
Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig…
Die Namibiese Meteorologiese Diens waarsku teen hewige donderstorms, swaar reënval en sterk winde oor verskeie dele van die land hierdie naweek as gevolg van 'n toenemende afsnylaagtepuntstelsel. Meteoroloog Albertina Anderson raai die publiek aan om voorsorgmaatreëls te tref teen erge weer in die Suide, en dele van die Erongo-, Omaheke-…
Die Suid Afrikaanse minister van justisie en grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, lei van vandag af die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die 15de Verenigde Nasies-kongres oor Misdaadvoorkoming en Regspleging. Die kongres is ʼn globale forum vir lidstate en rolspelers in die regsektor om gesamentlike reaksies op misdaad te bespreek, strafreg-stelsels te versterk…
Kosmos 94.1 Nuus verneem dat berigte dat winkels, slaghuise en ander besighede wat vleis verkoop in Gobabis is aangesê om vanaf Donderdag namiddag om vyfuur op te hou om vleis te verkoop na die opsporing van bek-en-klouseer in die Suide. Die landbouwoordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig…
Been ses van die nasionale tydren kampioenskappe vind dié naweek in Swakopmund plaas. Kosmos 94.1 se Francois Lottering sê die MX bane is goed voorberei. Hy sê die baan teen die see sal sorg vir lekker atmosfeer vir deelnemers en motorsport-aanhangers:
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling erken dat 70 persent van Namibiërs nie toegang tot private bank-lenings het om huise te koop. Die Ministerie sê dis weens streng sekuriteits-vereistes, wat die staat dwing om die opgradering van informele nedersettings te prioritiseer. Die adjunkdirekteur van behuising, Kornelius Taseb, het uitgelig…
Die Duitse ruimtevaarder Matthias Maurer sal Namibië van 1 tot 10 Oktober besoek om deel te neem aan Wêreldruimteweek, wat meer as 8 000 plaaslike leerders reg oor die land sal betrek. Die Europese Ruimteagentskap-ruimtevaarder, wat tans voorberei vir NASA se 2028 Artemis-maanmissie, sê Namibië se droë terrein bied 'n…
Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard, sê die beperkings op die beweging van vee weens bek-en-klouseer het beesvleisproduksie en -uitvoere tot 'n totale stilstand gebring. Hy vergelyk die impak met die Covid-19-pandemie. Met die beweging van alle diere met gesplete hoewe wat stopgesit is, bevestig Collard dat Savanna…
25 Sep 5AM
1 min
440 – 460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.