Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
420 – 440

Hof gooi klagtes teen Gariseb uit

Die Windhoekse landdroshof in Katutura het die aanklagte wat deur die stadspolisie teen die aktiviste Shaun Gariseb en Armando Pieters aanhangig gemaak is, van die hand gewys en die saak van die rol geskrap. Die twee het aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig…
19 Nov 2AM 1 min

AfriForum-verslag sê diskriminerende beleid neem toe in SA

'n Nuwe verslag deur AfriForum beweer diskriminerende staatsbeleide en toenemende intimidasie teen minderhede het hierdie jaar in Suid-Afrika vererger. Die burgerregte-organisasie beweer Afrikaners en ander minderhede het uitsluiting, eiendomsaanvalle en dreigemente in die gesig gestaar, terwyl kritici van die regering geteiken word. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle sal…
19 Nov 2AM 1 min

G20-paneel beveel skuldfinansieringsinisiatief vir Afrika-lande aan

Die G20 deskundige paneel oor Afrika beveel ʼn nuwe skuldfinansieringsinisiatief aan vir lae-inkomste- en kwesbare lande. Baie lande, sommige op die Afrika-vasteland, verwag binne die volgende vyf jaar ʼn hoogtepunt in hul huidige skuldverpligtinge. Die paneel onder voorsitterskap van die gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, het gister sy verslag…
19 Nov 1AM 1 min

Huis, Senaat keur wetgewing wat Epsteinlêers sal vrystel, goed

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het met ʼn groot meerderheid gestem dat die Departement van Justisie die lêers oor die seksoortreder en finansier, Jeffrey Epstein, bekendmaak. Die Huis het met 427-1 gestem om die Epstein-deursigtigheidwet te aanvaar, terwyl die Republikein, Clay Higgins, die enigste was wat daarteen gestem het. Intussen…
19 Nov 1AM 1 min

Voertuigverkope behoort verder ook goed te vertoon

Terwyl nuwe voertuigverkope in Oktober met 2,8 persent gedaal het tot 1 267 eenhede teenoor September, was dit op ‘n jaargrondslag 10,7 persent hoër. Voertuigverkope het vanjaar slegs een keer onder die 1 000-eenheidmerk per maand gedaal. Die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
19 Nov 12AM 1 min

Oud-Engelse kaptein sê kolflys te swak vir die As

Engeland se voormalige kaptein, Andrew Strauss, sê die span gaan swaar leun op wedstrydwenners soos kaptein Ben Stokes, Joe Root en Harry Brook in die reeks om die As. Engeland het die As laas in 2015 gewen en kon in 2011 laas in Australië wen, terwyl die Aussies hul laaste…
19 Nov 12AM 1 min

Afrikane het hoë vlak van verdraagsaamheid

Ten spyte van wydverspreide kommer oor toenemende politieke polarisasie regoor Afrika, toon 'n nuwe Afrobarometer-opname van 38 lande 'n hoë vlak van politieke verdraagsaamheid onder burgers. Gemiddeld sê 'n sterk meerderheid van 81 persent van Afrikane wat in die afgelope twee jaar ondervra is, dat hulle nie sal omgee nie,…
19 Nov 12AM 1 min

Agribank sukkel steeds om Witvlei Meat te swaai

Agribank wend 'n nuwe poging aan om die eens bedrywige Witvlei-slagpale te laat herleef, tien jaar nadat hulle dit oorgeneem het in die nasleep van Sidney Martin se verlies van sy Noorse uitvoerkwota. Dit het Witvlei Meat laat ineenstort en meer as 200 werksgeleenthede is uitgewis. Die adjunkminister van Landbou,…
18 Nov 11PM 1 min

Taxi-vereniging reageer op moontlike verdubbeling in brandstofheffing

Daar is kommer oor die Padfondsadministrasie wat beplan om die brandstofheffing van 2 Namibiese dollar 6 sent per liter na 4 dollar 46 sent te verhoog. Dit kan gewone motoriste tot 300 dollar meer maandeliks uit die sak jaag, en vir koeriermaatskappye, taxi’s en vragvervoer, tot 900 dollar meer per…
18 Nov 11PM 1 min

McKenzie sê dit sal fout wees om Ramaphosa te verwyder

Die leier van die Patriotic Alliance en minister van sport, Gayton McKenzie, sê dit sou 'n groot fout wees van die ANC om president Cyril Ramaphosa te verwyder. Dit volg op toenemende gerugte rondom sy moontlike bedanking ná hierdie naweek se G20-leiersberaad. McKenzie het op Facebook Live gesê inflasie wat…
18 Nov 10PM 1 min

Trump reageer op Khashoggi vraag by perskonferensie

Amerikaanse president Donald Trump en die kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman, het Dinsdag by die Withuis ontmoet, waar verskeie kwessies bespreek is. Volgens die prins sal sy land 1 triljoen Amerikaanse dollar in Amerika belê, terwyl Trump gesê het die twee lande het 'n verdedigingsooreenkoms bereik en Saoedi-Arabië sal…
18 Nov 10PM 1 min

Stakende landdroste, ministerie vergader weer môre

Bewerings van 'n kritieke tekort aan landdroste kom na vore namate die landwye staking die howe steeds ontwrig. Sommige landdroste, wat sedert 5 November teen swak werksomstandighede en vergoeding betoog, woon glo slegs hul eerste hofverskynings by, wat verhore en borgtogverhore ongedaan laat. Die lynminister en die verteenwoordigers van die…
18 Nov 10AM 1 min

Ekurhuleni-burgemeester gelas ondersoek na metropolisie

Ekurhuleni se burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, het 'n omvattende interne ondersoek gelas na ernstige bewerings teen senior amptenare van die metropolisie, insluitend die geskorste adjunkhoof, Julius Mkhwanazi. Die Madlanga-kommissie het verlede week getuienis vanaf verskeie amptenare aangehoor wat beweer die EMPD is deur misdadige groepe geïnfiltreer. Xhakaza sê hy het ook…
18 Nov 10AM 1 min

Theofelus prys regering se konnektiwiteit-pogings

Inligtingminister Emma Theofelus sê netwerkkonnektiwiteit landwyd het die afgelope vyf jaar verbeter. Sy voeg by die regering het alle diensverskaffers opdrag gegee om 'n minimum aflaaispoed van 25 megagrepe per sekonde te bied, in 'n poging om kliënte-ervarings te verbeter. Theofelus het gepraat by die opening van MTC se Divundu…
18 Nov 9AM 1 min

Groenwaterstofprogram in geldelike penarie

Die Namibiese Groenwaterstofprogram staar finansieringstekorte in die gesig en sukkel om sy personeel te betaal. Die program, wat in 2023 van stapel gestuur is en aanvanklik deur toelaes gefinansier is, insluitend 800 miljoen Namibiese dollar van Duitsland, het talle projekte befonds. Met die Duitse toelaag wat nou eindig en geen…
18 Nov 9AM 1 min

Olie- en gasverskaffers waarsku oor Dangote

Reaksie word ontvang op die planne van die Nigeriese miljardêr Aliko Dangote wat 'n 2 000-kilometer-lange brandstofpyplyn van Walvisbaai deur Botswana, na Bulawayo in Zimbabwe wil bou. Dit kom na ‘n aankondiging dat hy ‘n brandstofbergingsfasiliteit van 2,4 miljard Namibiese dollar by Walvisbaai wil oprig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
18 Nov 9AM 1 min

Konsultant-aanstelling vertraag werk aan Osona-brug

Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het vanoggend 'n onaangekondigde besoek aan die Osona-brug op die B1 tussen Windhoek en Okahandja afgelê om die vordering met strukturele opgraderings te beoordeel nadat die Maart-reën die brug beskadig het. Alhoewel 'n kontrakteur in Maart aangestel is, het Nekundi min sigbare…
18 Nov 8AM 1 min

KZN polisiehoof, Zulu-koning het bande met CIA: Mogotsi

Die omstrede sakeman van Noordwes, Brian Mogotsi, het aan die Madlanga-kommissie gesê die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en koning Misuzulu kaZwelithini is na bewering deur die Amerikaanse Sentrale Intelligensieagentskap gewerf. Mogotsi het erken die inligting is gegrond op hoorsê van 'n bron, maar het daarop aangedring dat vermoedens in intelligensiewerk…
18 Nov 8AM 1 min

Moontlike vloede onder Vaaldam het DA boos

Die DA is teleurgesteld oor die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, se laks houding teenoor gemeenskappe stroomaf van die Vaaldam wat moontlike oorstromings kan ondervind. Die party sê die minister het die Parlement verseker dat geen vrylatings as deel van die strategie beplan word om damvlakke te bestuur…
18 Nov 7AM 1 min
420 – 440