DA vra debat oor GBV-polisieringsmislukkings

Loading player...
Die DA het 'n debat in die Parlement vir Dinsdag verkry oor die vootslepende geweldsmisdaadkrisis in Ekurhuleni. Dit volg op die ontdekking van 'n vrou se liggaam Saterdag in Tembisa-Suid, wat die totaal van vroue wat die afgelope twee maande in die gebied vermoor is, op tien te staan bring. Khathuthselo Rasilingwane van die DA sê die party sal ook daarop aandring dat senior polisieleiers en die Ekurhuleni-metropolisie voor die Gautengse provinsiale wetgewer verskyn en verantwoording doen oor polisieringsmislukkings.
27 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA verwelkom ’n mylpaal-VN-resolusie oor omgewingsmisdaad en onwettige mynbou

Die Suid Afrikaanse minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê ’n mylpaal-resolusie van die Verenigde Nasies sal internasionale pogings versterk om omgewingsmisdaad te bekamp. Die resolusie, wat met die steun van Suid-Afrika ingedien is, sal lei tot die ontwikkeling van ’n internasionale protokol wat fokus op die…
6 Nov 1AM 1 min

Ierse vrywilligers ondersoek bekostigbare behuisingsprojekte in Hardap

Die Hardap-goewerneur, Riaan McNab, verwelkom 'n moontlike vennootskap met 'n Ierse vrywilligerspan om die behuisingstekort in Mariental en Kalkrand aan te spreek. Die span, onder leiding van Damian O’Kane van Build It Together, het met die goewerneur en plaaslike raadslede vergader om die moontlike bou van bekostigbare huise vir kwesbare…
6 Nov 1AM 1 min

Wetstoepassers by waaksaam terwyl SA stem-verwerking voortgaan

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê wetstoepassingsagentskappe bly waaksaam terwyl die Verkiesingskommissie voortgaan met die tel, verwerking, verifikasie en vaslegging van die plaaslikeregeringsverkiesing se uitslae. Wetstoepassing volg tydens die verkiesing ʼn intelligensie-gedrewe benadering tot bedrywighede en gee veral aandag aan 331 stemlokale in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Gauteng…
6 Nov 1AM 1 min

Oshana skenk 13 karavane aan polisie

Die goewerneur van Oshana, Hofni Iipinge, het 13 tweedehandse karavane wat voorheen ongebruik by die Oshakati-tussentydse staatshospitaal gestaan het, amptelik aan die streekspolisie oorhandig. Die karavane sal as kantoorruimte en tydelike polisiestasies dien in gebiede wat nie oor permanente polisiestasies beskik nie. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê…
6 Nov 1AM 1 min